YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 5

5
Adam se afstammelinge tot by Noag
1Die volgende is ’n lys van Adam se afstammelinge. Toe God mense geskep het, het Hy hulle na sy beeld gemaak. 2Hy het hulle manlik en vroulik gemaak. Hy het hulle toe “mens” genoem en hulle geseën.
3Toe Adam 130 jaar oud was, is sy seun Set gebore. Hy was die ewebeeld van sy pa. 4Ná die geboorte van Set het Adam nog 800 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 5Hy was 930 jaar oud toe hy dood is.
6Toe Set 105 jaar oud was, is sy seun Enos gebore. 7Ná die geboorte van Enos het Set nog 807 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 8Hy was 912 jaar oud toe hy dood is.
9Toe Enos 90 jaar oud was, is sy seun Kenan gebore. 10Ná die geboorte van Kenan het Enos nog 815 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 11Hy was 905 jaar oud toe hy dood is.
12Toe Kenan 70 jaar oud was, is sy seun Mahalalel gebore. 13Ná die geboorte van Mahalalel het Kenan nog 840 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 14Hy was 910 jaar oud toe hy dood is.
15Toe Mahalalel 65 jaar oud was, is sy seun Jered gebore. 16Ná die geboorte van Jered het Mahalalel nog 830 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 17Hy was 895 jaar oud toe hy dood is.
18Toe Jered 162 jaar oud was, is sy seun Henog gebore. 19Ná die geboorte van Henog het Jered nog 800 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 20Hy was 962 jaar oud toe hy dood is.
21Toe Henog 65 jaar oud was, is sy seun Metusalag gebore. 22Ná die geboorte van Metusalag het Henog nog 300 jaar in ’n noue verhouding met God gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 23Hy het 365 jaar gelewe.
24Hy het sy lewe lank baie naby aan God gelewe. Toe het hy verdwyn, want God het hom weggeneem.
25Toe Metusalag 187 jaar oud was, is sy seun Lameg gebore. 26Ná die geboorte van Lameg het Metusalag nog 782 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 27Hy was 969 jaar oud toe hy dood is.
28Toe Lameg 182 jaar oud was, is sy seun Noag#5:28 Noag herinner aan die Hebreeuse woord vir opbeur. gebore. 29Lameg het hierdie seun Noag genoem, want hy het gesê: “Hy sal ons opbeur in die vermoeiende handewerk wat ons moet doen op die grond wat die Here vervloek het.” 30Ná die geboorte van Noag het Lameg nog 595 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad. 31Hy was 777 jaar oud toe hy dood is.
32Toe Noag 500 jaar oud was, het hy drie seuns gehad, naamlik Sem, Gam en Jafet.

Currently Selected:

GENESIS 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy