YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 23

23
Abraham koop ’n begraafplaas
1Toe Sara 127 jaar oud was, 2is sy by Kirjat-Arba dood. Dit is Hebron in die land Kanaän. Abraham het daar gerou en oor haar gehuil. 3Hy het haar lyk net so gelaat, na die leiers van die Hetiete toe gegaan en gesê: 4“Ek is maar ’n vreemdeling onder julle. Verkoop asseblief aan my ’n stuk grond waar ek my vrou kan begrawe.”
5Die Hetiete antwoord hom: 6“Sekerlik, want jy is ’n gerespekteerde persoon in ons omgewing. Kies vir jou die beste graf waarin jy haar kan begrawe. Nie een van ons sal daarteen beswaar maak nie.”
7Abraham buig toe laag voor die volksleiers van die Hetiete en sê: 8“Aangesien julle so dink, wees so vriendelik en vra Efron, seun van Soar, 9om die spelonk van Makpela op die punt van sy grond aan my af te staan. Wat ook al die prys is waarop besluit word, ek sal dit in julle teenwoordigheid ten volle betaal sodat ek ’n begraafplaas van my eie kan besit.”
10Efron het daar tussen die ander Hetiete gesit. Hy antwoord Abraham in die teenwoordigheid van die oudstes in die stadspoort: 11“Nee, Meneer! Luister tog asseblief vir my. Ek sal die grot en die stuk land vir jou skenk. Ek gee dit vir jou hier in die teenwoordigheid van my mense. Gaan begrawe gerus jou vrou daar.”
12Abraham het weer voor die leiers van die land gebuig. 13Terwyl almal luister, sê hy vir Efron: “Nee, luister vir mý. Ek sal dit van jou koop. Laat my die volle prys betaal sodat ek my vrou daar kan begrawe.”
14Efron antwoord vir Abraham: 15“Meneer, luister na my. Die land is 400 sikkels silwer#23:15, 16 Omtrent 4,6 kilogram. werd, maar wat is dit nou tussen ons? Gaan voort en begrawe jou vrou.”
16Abraham betaal toe die prys wat Efron gevra het, soos voor almal ooreengekom. Dit was 400 sikkels silwer#23:15, 16 Omtrent 4,6 kilogram.. 17So het hy wettiglik die stuk grond by Makpela naby Mamre van Efron gekoop. Dit het ingesluit die grond, die grot daarop, en al die bome tot by die grens van die grond. 18Dit het Abraham se vaste eiendom geword volgens die ooreenkoms wat voor almal in die poort van die stad gemaak is. 19Daarop het Abraham Sara daar begrawe, in die grot van Makpela, naby Mamre. Dit is Hebron in Kanaän. 20Abraham het op dié manier wettiglik die grond en die grot as ’n begraafplaas van die Hetiete gekoop.

Currently Selected:

GENESIS 23: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy