YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 2

2
1So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. 2Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. 3God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. 4Dit is dan die geskiedenis van die skepping van die hemel en die aarde.
God maak die man en vrou
Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, 5was daar nog geen struike of groen gras op die aarde nie, want die Here God het dit nog nie laat reën nie. Daar was nog nie ’n mens wat die grond kon bewerk nie. 6Maar water het uit die aarde opgeborrel en so is die grond natgemaak.
7Toe vorm die Here God ’n menslike liggaam uit die stof van die aarde. Nadat Hy die asem van die lewe daarin geblaas het, het dit ’n lewende wese, die mens, geword.
8Daarna het die Here God ’n tuin in Eden in die ooste geplant. Hy het die mens wat Hy geskape het daarin laat woon. 9Die Here God het ook verskillende soorte bome uit die grond laat opkom. Dit was mooi bome met heerlike vrugte. Die boom van die lewe het Hy in die middel van die tuin geplant en ook die boom van kennis van wat reg en verkeerd is.
10’n Rivier wat in Eden ontspring het, het water na die tuin gebring en daar in vier strome verdeel. 11Die een, die Pison, loop om die hele land Gawila. Dis die plek wat ryk is aan goud. 12Die goud is van hoogstaande gehalte en daar is ook balsem en oniks. 13Die tweede, die Gihon, vloei om die hele land Kus. 14Die derde een, die Tigris, loop oos van Assirië verby. Die vierde is die Eufraat.
15Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg. 16Maar die Here God het hom gewaarsku: “Jy is vry om van enige boom in die tuin te eet, 17maar van die boom van kennis van reg en verkeerd mag jy nie eet nie. As jy daarvan eet, sal jy beslis sterf.”
18Daarna sê die Here God: “Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n metgesel maak, een soos hy.”
19Toe het die Here God uit die grond al die verskillende soorte diere en voëls gevorm. Daarop neem Hy hulle na die mens toe om te sien wat hy hulle sou noem. En die mens het vir elkeen ’n naam gegee, 20vir al die mak diere, die voëls en wilde diere. Hy kon egter onder hulle nie een kry wat soos hy is en vir hom ’n metgesel kon wees nie.
21Toe het die Here God die mens baie diep laat slaap. Terwyl hy slaap, vat Hy een van die mens se ribbebene en vul die plek weer op met vleis. 22Van die ribbebeen maak die Here God toe ’n vrou en bring haar na die mens toe.
23“Uiteindelik is dit die regte metgesel!” sê die mens. “Sy is regtig deel van my. Sy sal ‘vrou’#2:23 Die Hebreeuse woorde vir man en vrou het ’n klankooreenkoms wat vergelyk kan word met man en mannin. genoem word, want sy is uit die man geneem.” 24Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.
25Alhoewel die mens en sy vrou sonder klere was, was hulle nie skaam vir mekaar nie.

Currently Selected:

GENESIS 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy