YouVersion Logo
Search Icon

GALASIËRS 6

6
Wat jy saai, sal jy maai
1Broers en susters#6:1a, 18 Grondteks Broers., wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word#6:1b Grondteks julle, die geestelikes., daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie. 2Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.
3Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. 4Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag#6:4 Of werk. toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk. 5Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen.#6:5 Of Elkeen sal sy eie las moet dra.
6Iemand wat in die woord van God onderrig word, moet dié een wat onderrig gee, in alle goeie dinge laat deel.
7Moenie ’n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai, sal hulle ook maai#6:7 Of oes.! 8Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood#6:8 Of verderf. oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes. 9Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes. 10Terwyl ons die kans het#6:10a Grondteks In die tyd wat ons nog oorhet., moet ons dus goeddoen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges#6:10b Grondteks die huisgenote van die geloof..
Laaste waarskuwings en groete
11 Julle sien aan die groot letters ek skryf nou met my eie hand. 12Al daardie mense wat julle wil dwing om besny te word, vir hulle gaan dit net om uiterlik die regte indruk te maak#6:12 Grondteks om goed te lyk in die vlees. sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg word nie. 13Hulle wat besny word, leef self nie werklik volgens die wet nie. Hulle wil julle egter laat besny om met dit wat aan julle liggaam gedoen is, te spog#6:13 Grondteks om in julle liggaam te kan roem..
14Maar ek – ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld. 15Dis nie belangrik of iemand besny of nie besny is nie, maar dis belangrik of iemand ’n nuwe mens#6:15 Grondteks nuwe skepping. is. 16Mag God se vrede en ontferming met almal wees wat volgens hierdie beginsel lewe. Húlle is Gód se Israel!
17Verder moet niemand vir my nóg moeite aandoen nie. Ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.
18Broers en susters#6:1a, 18 Grondteks Broers., mag die genade van ons Here Jesus Christus met julle gees wees. Amen.

Currently Selected:

GALASIËRS 6: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy