YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 9

9
Die afgodsdienaars word geslag
1Toe het die Here baie hard geroep waar ek kon hoor: “Laat kom die mense wat die stad moet straf! Sê vir hulle hulle moet wapens saambring!” 2Toe kom daar ses mans van die boonste hek af aan die noordekant, elkeen met ’n wapen in die hand waarmee hulle kan doodmaak. Een van hulle het klere van linne aangehad met ’n skrywer se gereedskap aan sy sy. Hulle het almal in die tempel se voorhof ingegaan en daar langs die bronsaltaar gaan staan. 3Toe het die heerlikheid van die God van Israel opgestyg van tussen die gerubs, waar dit gebly het, en beweeg na die drumpel van die tempel. Die Here het geroep na die man met linneklere aan en skrywersgereedskap by hom. 4Hy sê toe vir hom: “Gaan stap deur die strate van Jerusalem en sit ’n merk op die voorkop van elkeen wat huil en sug oor al die afskuwelike sondes wat hulle rondom hulle sien.”
5Toe hoor ek die Here sê vir die ander mans: “Loop agter hom aan deur die stad en maak almal dood wat nie ’n merk op hulle voorkop het nie. Julle mag geen genade bewys nie! Julle mag niemand jammer kry nie! 6Maak almal dood, jonk en oud, dogters en vroue en kindertjies. Maar julle mag nie raak aan iemand wat die merk het nie. Begin met julle werk hier by my heiligdom!” Hulle het eers die 70 leiers wat voor in die tempel gestaan het, doodgemaak. 7“Verontreinig my woonplek!” het die Here beveel. “Maak sy voorhowe vol met die lyke van die mense wat julle doodmaak! Gaan!” Toe het hulle deur die stad gegaan en gedoen soos hulle beveel is.
8Terwyl hulle gedoen het soos hulle beveel is, was ek alleen. Ek het op my gesig op die grond neergeval en gepleit: “O oppermagtige Here, sal U niemand in Israel laat oorbly as U u woede op Jerusalem afkoel nie?” 9Toe sê Hy vir my: “Die sondeskuld van die mense van Israel en Juda is baie groot. Die hele land is vol bloed. Die hele stad verdraai die reg. Boonop sê hulle: ‘Die Here het uit die land weggetrek! Die Here sien dit nie!’ 10Daarom gaan Ek hulle nie red nie. Ek sal hulle nie jammer kry nie. Ek sal hulle ten volle laat boet vir alles wat hulle gedoen het.”
11Toe het die man met klere van linne en met die skrywersgereedskap by hom, verslag kom doen: “Ek het die werk voltooi wat U vir my gegee het.”

Currently Selected:

ESEGIËL 9: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy