YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 27

27
Treurlied oor Tirus
1Die Here het vir my gesê: 2“Mensekind, sing ’n begrafnislied oor Tirus 3wat langs die see lê en met baie lande handel dryf. So sê die oppermagtige Here:
“Tirus, jy het gedink
jy is baie mooi.
4Jy het jou grense uitgebrei
oor die see.
Bouers het jou ’n mooi skip
gemaak.
5Jy was soos ’n groot skip,
gebou van sipresse uit Senir.
’n Seder van die Libanon
is gebruik vir jou mas.
6Jou roeispane het hulle
van eike uit Basan gemaak.
Jou dek het hulle
gebou van dennehout
wat kom
van die suidkus van Siprus#27:6 Grondteks Kittim.,
en dit met ivoor ingelê.
7Jou seile is gemaak
van Egipte se fynste linne.
Dit het soos ’n vlag
bo jou gewapper.
Jy was bedek met wolstof,
pers en rooi
uit die Elisa-eilande.
8“Jou roeiers
kom uit Sidon en Arwad,
jou matrose
was ervare manne uit Tirus.
9Goeie vakmanne
het jou lekplekke toegestop.
Skepe het met hulle vrag
van elke land gekom
om met jou handel te dryf.
10“Manne uit Persië, Lud en Put
het in jou weermag gedien.
Hulle het hulle skilde en helms
aan jou mure opgehang,
en vir jou aansien gegee.
11Manne uit Arwad en Gelek
het op jou mure wag gestaan.
En manne uit Gammad
het jou torings bewaak.
Hulle skilde
het aan jou mure gehang,
en vir jou groot aansien gegee.
12“Tarsis was jou agent.
Jy het jou ware verruil
vir silwer, yster, tin en lood.
13Handelaars uit Griekeland,
Tubal en Mesek
het slawe en koperware gebring.
14Uit Bet-Togarma het ryperde,
trekperde en muile gekom.
Jy het al hierdie goed geruil
vir wat jy vervaardig het.
15Handelaars
het ook uit Dedan#27:15 So in die grondteks. Griekse weergawe Rodion. gekom.
Talle eilande was jou agente.
Hulle het jou betaal
met ivoor en ebbehout.
16Aram#27:16 Sommige grondtekste Edom. het handelaars gestuur
om met jou besigheid te doen.
Met turkoois, pers wolstof,
fyn linne, koraal en robyne
het hulle vir jou ware betaal.
17Juda en Israel
het jou ware gekoop,
en betaal met koring uit Minnit,
kos#27:17 Die grondteks se betekenis is onduidelik. en heuning, olyfolie
en balsemgom.
18Damaskus het baie produkte
van jou gekoop,
en met wyn uit Gelbon
en wol uit Sagar betaal.
19Dan en Grieke#27:19 Grondteks Jawan. uit Usal
het jou ware gekoop.
Hulle het met bewerkte yster,
met kaneel
en kalmoes betaal.
20Vir jou ware het Dedan
met hulle saalkleedjies betaal.
21“Die Arabiere
en prinse van Kedar
het met lammers, skaapramme
en bokramme
vir jou ware betaal.
22Die handelaars van Skeba
en Rama
het met allerlei soorte speserye
en met kosbare stene en goud
vir jou ware betaal.
23Haran, Kanne, Eden,
handelaars van Skeba,
Assirië en Kilmad
het ook met jou handel gedryf.
24Met mooi blou materiaal,
en geborduurde materiaal,
het hulle betaal,
met veelkleurige matte,
vasgebind met koorde.
25Die skepe van Tarsis
het jou ware vervoer.
Jou pakhuise
was tot boordens toe vol!”
Vernietiging van Tirus
26“Kyk, jou roeiers het jou
tot op die diepsee gebring.
Hier sal die oostewind jou skip
in stukke breek.
27Alles sal verlore gaan,
jou rykdom en handelsware,
jou matrose en seemanne,
jou skeepsbouers,
jou handelaars en soldate.
Almal sal in die diepte verdwyn,
die dag as jy vergaan.
28“Jou stede langs die see
sal bewe
as jou matrose roep om hulp.
29Die roeiers
spring van die skip af,
matrose en seemanne
staan langs die kus.
30Hulle huil oor jou lot.
Hulle treur hardop.
Hulle gooi stof op hulle koppe
en rol op die grond rond.
31Hulle skeer hulle koppe kaal,
en in rou oor jou
trek hulle begrafnisklere aan.
Hulle huil bitterlik
omdat hulle oor jou treur.
32Hierdie begrafnislied
sing hulle
terwyl hulle treur:
“‘Was daar al ooit ’n stad
soos Tirus,
nou stil op die bodem
van die see?
33Jou handelaars met hulle ware
het die behoeftes van nasies
bevredig.
Konings oor die hele aarde
het deur jou ryk geword.
34“‘Nou lê jy vernietig
op die bodem
van die oseaan.
Jou handelaars en matrose
het saam met jou gesink.
35Almal wat langs die kus bly,
is verskrik oor jou.
Hulle konings se hare rys
van skrik,
hulle gesigte
vertrek van vrees.
36Die handelaars van die nasies
skud hulle koppe#27:36 Grondteks nasies sis oor jou.
as hulle jou sien.
Jou einde was verskriklik,
jy bestaan nie meer nie.’”

Currently Selected:

ESEGIËL 27: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy