YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 22

22
1“Geagte broers#22:1 Grondteks Manne-broers. en vaders, luister na my verdediging teenoor julle oor hierdie saak.”
2Toe hulle hoor dat hy hulle in Aramees#22:2 Grondteks Hebreeus. toespreek, het hulle nog stiller geword.
3Hy gaan toe voort: “Ek is ’n Jood wat in Tarsus in Silisië gebore is, en hier in Jerusalem#22:3a Grondteks in hierdie stad. het ek grootgeword en my opvoeding by Gamaliël gekry. Aan sy voete het ek geleer om ons Joodse wet#22:3b Grondteks die wet van ons voorvaders. streng na te kom. Ek het ’n kampvegter vir God geword, net soos julle almal vandag is. 4Ek het jag gemaak op ‘Die Pad’#22:4 Of op die mense wat die leer van Christus volg. Kyk ook by 9:2. tot die dood toe. Mans én vroue het ek gearresteer en in tronke laat stop.
5“Só kan selfs die hoofpriester vir my getuig, en die hele Joodse Raad#22:5a Grondteks Raad van Oudstes.. Van hulle het ek selfs briewe aan ons volksgenote#22:5b Grondteks die broers. in Damaskus gekry om ook dáár hierdie mense te gaan arresteer en vir strafoplegging Jerusalem toe te bring.
6“Juis toe ek op pad was, sommer naby Damaskus, het daar teen die middag skielik ’n sterk lig uit die hemel om my gestraal. 7Ek het op die grond neergeval en ’n stem vir my hoor sê: ‘Saul, Saul, waarom vervolg jy My?’ 8‘Wie is U, Meneer#22:8 Of Here.?’ het ek gereageer. ‘Ek is Jesus van Nasaret,’ het Hy my geantwoord. ‘Dit is vir Mý wat jy vervolg.’ 9Die mense saam met my het wel die lig gesien, maar nie die stem gehoor van Hom wat met my praat nie.
10“Toe vra ek: ‘Wat moet ek doen, Here?’ Die Here sê toe vir my: ‘Staan op en gaan Damaskus binne, en dáár sal alles wat God bepaal het dat jy moet doen, aan jou meegedeel word.’
11“Ek is deur my reisgenote Damaskus aan die hand binnegelei, want die helder lig het gemaak dat ek niks kon sien nie. 12’n Man met die naam Ananias het daar gebly. Hy het nougeset volgens die Joodse wet#22:12 Grondteks volgens die wet. gelewe, en by al die Jode dáár ’n goeie naam gehad. 13Hy het na my toe gekom, by my kom staan en vir my gesê: ‘Saul, broer, sién weer!’ En oombliklik is my sig herstel en het ek hom gesien!
14“Toe sê hy: ‘Die God van ons voorvaders het jou uitgekies om sy wil te ken, en om die Regverdige te sien en Hom te hoor praat. 15Jy sal inderdaad vir alle mense sy getuie wees van wat jy gesien en gehoor het. 16En nou, waarom nog wag? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas. Jy het mos sy Naam aangeroep#22:16 Of en jou sondes afwas nadat jy sy Naam aangeroep het..’
17“Ek is terug Jerusalem toe, en terwyl ek by die tempel besig was om te bid, het ek ’n buitengewone geestelike ervaring gehad. 18Ek het die Here gesien en Hy het vir my gesê: ‘Maak gou! Gee dadelik pad uit Jerusalem. Hierdie mense sal verseker nie jou getuienis oor My aanvaar nie.’
19“Toe het ék teëgestribbel: ‘Maar, Here, hulle weet dat ék die man is wat oral in die sinagoges die mense wat in U glo, gearresteer en laat slaan het. 20En toe u getuie Stefanus vermoor is, het ek self hulle ondersteun. Ek het sy moordenaars se klere opgepas!’ 21Toe sê die Here vir my: ‘Gáán! Ék wil jou ver weg stuur, na die nie-Joodse nasies toe.’”
22Die skare het na hom geluister tot op hierdie punt, en toe het hulle uit een mond begin skreeu: “Weg van die aarde af met so ’n vent! Só iemand behoort verseker nie te bly lewe nie!” 23Hulle het aanhou skreeu, hulle bo-klere uitgepluk en stof in die lug opgegooi.
Paulus noem dat hy Romeinse burgerskap het
24Die offisier oor duisend man het Paulus toe die kaserne laat inbring en bevel gegee dat hy gegésel moes word om hom sy misdaad te laat bely. Die offisier wou agterkom hoekom die skare Paulus so uitgejou het. 25Hulle het hom klaar met rieme vasgebind gehad vir die géseling toe Paulus vir die offisier oor honderd man wat daar naby staan, vra: “Is dit wettig dat julle ’n Romeinse burger gésel, en boonop nog sonder verhoor?” 26Die offisier oor honderd man gaan toe na die offisier oor duisend man en vra: “Wat is u van plan om te doen? U moet besef hierdie man is ’n Romeinse burger!”
27Die offisier oor duisend man gaan vra toe vir Paulus: “Sê vir my, ís jy ’n Romeinse burger?”
“Ja,” het Paulus geantwoord.
28“Ek is ook een,” het die offisier oor duisend man gereageer, “en hierdie burgerreg het my ’n klomp geld gekos!”
“Maar ék is as ’n burger gebore!” het Paulus gesê.
29Die soldate wat hom moes gésel om hom te laat praat, het hom dadelik laat staan, en selfs die offisier oor duisend man het bang geword toe hy besef dat Paulus ’n Romeinse burger is en dat hy hom vir die géseling laat vasbind het.
Paulus stel sy saak voor die Joodse Raad
30Die offisier oor duisend man het die volgende dag sy boeie laat afhaal en die priesterhoofde en die hele Joodse Raad#22:30 Grondteks die hele Sanhedrin. vir ’n vergadering opgeroep. Hy het Paulus laat inbring, want hy wou agterkom presies waaroor hy deur die Jode aangekla was.

Currently Selected:

HANDELINGE 22: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy