YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 11

11
Petrus verantwoord hom voor die gemeente in Jerusalem
1Die apostels en die ander gelowiges#11:1, 12b Grondteks broers; vgl 10:23. in Judea het gehoor dat ook nie-Jode die woord van God aangeneem het. 2Toe Petrus in Jerusalem aankom, het die Joodse gelowiges#11:2 Grondteks die gelowiges uit die besnydenis. hom gekritiseer: 3“Jy het nie-Jode#11:3 Grondteks mans wat onbesnedenheid handhaaf. besoek en jy het selfs saam met hulle geëet!”
4Petrus het toe begin om vir hulle alles mooi uiteen te sit: 5“Ek was in Joppe besig om te bid toe ek in geestesvervoering ’n gesig gesien het,” het hy gesê. “Iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, het uit die hemel afgekom. En dit het tot by my gekom. 6Toe ek in die doek kyk, sien ek daarin allerhande aardse diere, wilde diere en reptiele, en ook voëls. 7Toe hoor ek ’n stem wat vir my sê: ‘Staan op, Petrus! Slag en eet!’
8“‘Nooit nie, Here!’ het ek geantwoord. ‘Iets wat onrein is, het nog nooit my mond binnegegaan nie.’
9“’n Tweede keer het ’n stem uit die hemel gereageer: ‘Wat God rein gemaak het, mag jy nie onrein ag nie.’
10“Dit het drie keer gebeur, en daarna is alles weer in die hemel opgetrek. 11Presies op daardie tydstip het drie mans wat van Sesarea af gestuur was, by die huis aangekom waar ons tuis was. 12Die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moet gaan, en dat ek nie moet aarsel omdat hulle nie-Jode is nie#11:12a Grondteks dat ek nie moet aarsel nie.. Ek het toe saam met hierdie ses medegelowiges#11:1, 12b Grondteks broers; vgl 10:23. gegaan, en ons het die man wat my laat haal het, se huis binnegegaan. 13Hy het vir ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het wat vir hom sê: ‘Stuur mense Joppe toe en laat vir Simon met die noemnaam Petrus daar haal. 14Hy het ’n boodskap vir jou waardeur jy verlos sal word, jy en jou hele huishouding!’
15“Ek het net begin om die Goeie Nuus aan hulle te vertel#11:15 Grondteks Ek het net begin praat., toe kom die Heilige Gees op hulle net soos op ons in die begin. 16Toe dink ek aan die woorde van die Here toe Hy gesê het: ‘Johannes het wel met water gedoop, maar júlle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ 17Aangesien God dan dieselfde geskenk aan die nie-Jode#11:17 Grondteks hulle. gegee het as aan ons toe ons tot geloof in die Here Jesus Christus gekom het, watter reg het ék om God te keer?”
18Toe hulle dit hoor, het hulle stil geraak. Hulle het God begin prys en gesê: “God het selfs nie-Jode tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee.”
’n Gemeente ontstaan in Antiogië
19Dié wat uit Jerusalem gevlug het#11:19 Grondteks Dié wat verspreid geraak het. oor die vervolging ná Stefanus se dood, het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan. Hulle het die evangelie verkondig, maar net aan Jode. 20Daar was egter sekere Sipriese en Sireniese mans wat in Antiogië gekom en ook aan die Griekssprekendes die Goeie Nuus verkondig het dat Jesus die Here is. 21Die Here het hulle werk geseën#11:21 Grondteks En die hand van die Here was met hulle. sodat ’n groot aantal tot geloof gekom en hulle tot die Here bekeer het.
22Toe die gemeente in Jerusalem hoor wat gebeur het, het hulle Barnabas Antiogië toe gestuur. 23Toe hy daar kom en sien hoe God in sy genade#11:23 Of onverdiende goedheid. onder hulle gewerk het, was hy bly. Hy het hulle almal aangespoor om lojaal aan die Here te bly. 24Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en van geloof. ’n Aansienlike groep mense is na die Here toe gebring.
25Barnabas is daarna Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. 26Toe hy hom kry, het hy hom Antiogië toe gebring. En so het dit gekom dat hulle twee ’n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en ’n taamlike klomp mense onderrig het. In Antiogië is die gelowiges#11:26 Grondteks dissipels. die eerste keer Christene genoem. ’n kleinseun van Herodes die Grote.
Hulp aan die armes in Judea
27In dié tyd het profete van Jerusalem af na Antiogië toe gekom. 28Een van hulle, met die naam Agabus, het tydens ’n byeenkoms opgestaan en is deur die Gees gelei om te voorspel dat ’n groot hongersnood die hele Romeinse wêreld#11:28 Grondteks die hele bewoonde wêreld. gaan tref. (Dit het dan ook in die tyd van keiser Claudius gebeur.) 29Die gelowiges in Antiogië het toe besluit dat elkeen van hulle na sy vermoë sou bydra tot ’n hulpfonds wat vir hulle medegelowiges#11:29 Grondteks broers. Vgl 10:23. in Judea gestuur sou word. 30Hulle het dit toe gedoen en die geld met Barnabas en Saulus aan die ouderlinge in Jerusalem gesuur.

Currently Selected:

HANDELINGE 11: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy