YouVersion Logo
Search Icon

2 TESSALONISENSE 3

3
Oproep tot voorbidding
1Ten slotte, broers en susters#3:1a, 6a, 13 Grondteks broers., bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word#3:1b Grondteks verheerlik word.. 2Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie#3:2 Of is gelowiges nie.. 3Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. 4Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen. 5Mag die Here julle hele lewe instel#3:5 Grondteks julle harte rig. op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee.
Gelowiges se roeping om te werk
6Broers en susters#3:1a, 6a, 13 Grondteks broers., ons beveel julle in die Naam van die Here Jesus Christus om julle te onttrek aan elke medegelowige#3:6b Grondteks broer. wat leeglê en wat nie leef soos julle by ons geleer het nie#3:6c Grondteks volgens die tradisie wat julle van ons ontvang het nie.. 7Julle weet dat julle ons voorbeeld moet volg. Ons het tog nie by julle leeggelê 8of bedelbrood van enigeen geëet nie. Inteendeel, ons het dag en nag#3:8 Grondteks nag en dag. hard gewerk en geswoeg om nie vir enigeen van julle ’n las te wees nie. 9Nie dat ons nie op versorging aanspraak kon maak nie#3:9 Grondteks Nie dat ons nie die gesag het nie., maar ons wou onsself as ’n voorbeeld vir julle stel om te volg. 10Toe ons by julle was, het ons uitdruklik vir julle gesê: As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
11Ons sê dit omdat ons hoor dat sommige mense leeglê; dat hulle nie werk nie en hulle met ander persone se sake bemoei.
12In die Naam van die Here Jesus Christus beveel ons sulke mense, ja, ons druk hulle dit op die hart, dat hulle rustig hulle werk moet verrig en so hulle eie brood moet verdien#3:12 Grondteks sodat, terwyl hulle rustig werk, hulle hulle eie brood mag eet.. 13En julle, broers en susters#3:1a, 6a, 13 Grondteks broers., moenie moeg word om goed te doen nie!
14Verder, as mense nie ons opdragte in hierdie brief gehoorsaam nie, identifiseer hulle. Vermy hulle sodat hulle kan skaam kry. 15Moet hulle egter nie as vyande behandel#3:15a Grondteks beskou. nie, maar wys vir hulle die regte pad aan, soos medegelowiges met mekaar maak#3:15b Grondteks maar vermaan hulle soos ’n broer..
Paulus se groetwoord
16Mag die Here, die Bron van vrede#3:16 Grondteks die Here van vrede., self altyd en op elke manier vir julle vrede gee. Mag die Here met julle almal wees.
17 Dié groet skryf ek met my eie hand: Van Paulus. My handskrif aan die einde van elke brief is die bewys dat ek dit self geskryf het # 3:17 Grondteks so skryf ek..
18Mag die genade#3:18 Of onverdiende goedheid. van ons Here Jesus Christus met julle almal wees.

Currently Selected:

2 TESSALONISENSE 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy