YouVersion Logo
Search Icon

1 JOHANNES 4

4
Die Gees van die waarheid teenoor die gees van misleiding
1Geliefdes, moenie sommer almal glo wat daarop aanspraak maak dat hulle deur die Gees optree nie. Toets hulle om te bepaal of dié bepaalde gees sy oorsprong by God het, want daar het reeds baie vals profete die wêreld ingekom. 2Hieraan herken julle die Gees van God: Elkeen wat erken dat Jesus Christus werklik ten volle mens geword het, is van God afkomstig.
3Elkeen wat Jesus nie erken nie, is nie van God afkomstig nie. Dit is tipies van die antichris. Julle het mos gehoor dat hy aan die kom is, en hy is nou reeds in die wêreld aanwesig.
4Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon. 5Hierdie mense het die wêreld as oorsprong; daarom praat hulle uit ’n wêreldse oogpunt en luister die wêreld na hulle.
6Ons is egter van God afkomstig; daarom luister dié wat God persoonlik ken, na ons. Elkeen wat nie van God afkomstig is nie, luister nie na ons nie. Dít is hoe ons weet wie die Gees van die waarheid het, en wie die gees van misleiding het.
Omdat God ons só liefgehad het, moet ons ook mekaar liefhê
7Geliefdes, laat ons mekaar
aanhou liefhê,
want volmaakte liefde
is van God afkomstig.
Elkeen wat só liefhet,
is uit God gebore
en ken God persoonlik.
8Elkeen wat nie só liefhet nie,
ken God nie persoonlik nie
omdat God liefde self is.
9Op hierdie manier het God
sy volmaakte liefde
aan ons bekendgemaak
toe Hy sy enigste Seun
na die wêreld toe gestuur het
sodat ons deur Hom
die lewe kan ontvang.
10Dít is volmaakte liefde:
nie dat ons vir God
liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het
en sy Seun as versoeningsoffer
gestuur het
om ons sondes weg te neem.
11Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê.
Wanneer God se liefde ten volle verwesenlik word
12Niemand het God nog ooit gesien nie; as ons egter mekaar werklik aanhou liefhê, leef God in ons optrede en het sy liefde in ons optrede ten volle tot verwesenliking gekom.
13Hieraan weet ons dat ons in ’n hegte verhouding met Hom leef#4:13a Grondteks in Hom bly. en dat Hy ook in ’n hegte verhouding met ons leef#4:13b Grondteks in ons bly.: aan sy Gees wat Hy aan ons gegee het.
14Verder, ons het dit fyn raakgesien en ons hou aan daarvan getuig dat die Vader die Seun gestuur het as Verlosser van die mensdom. 15Almal wat openlik erken dat Jesus die Seun van God is – God handhaaf ’n hegte verhouding met hulle#4:15 Grondteks bly in hulle. en hulle met God.
16Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God#4:16a Grondteks bly in God. en God met hulle#4:16b Grondteks in hulle.. 17Hiertoe is God se liefde ten volle in ons verwesenlik, dat ons vrymoedigheid kan hê op die oordeelsdag. Ons leef immers op dieselfde wyse as Christus in hierdie wêreld – sonder vrees. 18Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie.
Ons liefde vir God word sigbaar in ons liefde vir ons naaste
19Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het. 20As enigeen beweer: “Ek het God lief,” maar ’n broer of suster#4:20a, 20b Grondteks sy broer. haat, is só ’n persoon ’n leuenaar, want as ons ’n broer of suster#4:20a, 20b Grondteks sy broer. wat ons elke dag sien, nie liefhet nie, kan ons mos nie vir God liefhê wat ons nie kan sien nie. 21Hierdie opdrag het ons van Hom ontvang: As ons God liefhet, moet ons ook ons broer en suster liefhê.#4:21 Grondteks Hy wat God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

Currently Selected:

1 JOHANNES 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy