YouVersion Logo
Search Icon

1 KORINTIËRS 3

3
Paulus en Apollos is nie opponente nie, maar deel van God se taakspan
1Broers en susters#3:1a Grondteks Broers., toe ek by julle was, kon ek nie met julle praat soos met geestelik volwassenes nie. Ek moes met julle praat soos met mense wat nog wêrelds#3:1b Grondteks wat nog vleeslik. is, soos met kindertjies in die Christelike geloof. 2Ek moes julle met melk voed, nie met vaste kos nie, want julle sou nie iets sterkers kon verteer nie. Trouens, julle is ook nou nog nie gereed daarvoor nie, 3want julle word nog steeds deur wêreldse neigings beheer.#3:3a Grondteks julle is nog steeds vleeslik. Julle is jaloers op mekaar en maak rusie. Is dit nie ’n bewys dat julle nog deur wêreldse neigings oorheers word nie? Julle tree op soos mense wat nie aan die Here behoort nie.#3:3b Grondteks Julle tree op volgens die mens. 4As die een sê: “Ek volg Paulus,” en die ander een sê: “Ek verkies Apollos,” tree julle dan nie op soos mense wat nie aan die Here behoort nie?#3:4 Grondteks is julle nie blote mense nie?
5Wie is Apollos of Paulus nou eintlik dat julle so oor ons verdeel is? Ons is tog net diensknegte deur wie julle tot die geloof gekom het. Elkeen van ons het maar net die werk gedoen wat die Here aan ons toevertrou het. 6My werk was om die saad te plant. Apollos moes dit natgooi. Maar God het laat groei. 7Wie plant en wie natgooi, is nie belangrik nie. Die belangrike Een is God, want dit is Hý wat laat groei. 8Die een wat plant en die een wat natgooi, werk saam en het een gesamentlike doel, alhoewel elkeen sy eie beloning sal ontvang in ooreenstemming met sy eie harde werk. 9Ons is Gód se werkspan. Julle is Gód se saailand, Gód se gebou, nie ons s’n nie.
10Op grond van die genade#3:10 Of onverdiende goedheid. wat God aan my bewys het, het ek soos ’n meesterbouer die fondament gelê. Ander bou daarop voort. Maar elkeen wat op hierdie fondament bou, moet baie versigtig wees. 11Want niemand kan ’n ander fondament lê as die een wat alreeds gelê is nie – Jesus Christus. 12As enigiemand op daardie fondament bou, kan hy goud gebruik of silwer of edelstene of hout of hooi of stoppels. 13Daar kom egter ’n dag wanneer die kwaliteit van elkeen se werk aan die lig sal kom, want die vuurtoets sal dit bekendmaak. Dié vuurtoets sal elkeen se werk beproef – of dit standhou. 14Die mense wie se bouwerk standhou, sal deur God beloon word. 15Maar die mense wie se bouwerk deur die vuur verteer word, sal skade ly, alhoewel hulle self gered sal word. Hulle sal egter wees soos mense wat op die laaste oomblik uit ’n brand gered word.
16Besef julle nie dat julle almal saam die tempel van God uitmaak en dat die Gees van God in julle as sy tempel woon nie? 17As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom skade aandoen. God se tempel is immers heilig en julle is self daardie tempel.
18Moenie julleself om die bos lei nie. As julle dink dat julle wys is volgens die standaarde van hierdie wêreld, sal julle eers dwaas moet word sodat julle werklik wys kan word volgens God se standaarde. 19Want die wysheid van hierdie wêreld is by God dwaasheid. Soos die Skrif dit stel:
“God vang die slimmes
met hulle eie slinkse planne.”#3:19 Job 5:13.
20En weer:
“Die Here ken die gedagtes
van die wyses –
hoe niksseggend hulle is.”#3:20 Ps 94:11.
21Moet julle dus nie daarop beroem dat julle volgelinge van een spesifieke leier is nie. Alles is immers julle s’n: 22Paulus en Apollos en Petrus#3:22 Grondteks Sefas., die wêreld, die lewe en die dood, die hede en die toekoms. Alles behoort aan julle! 23Maar julle behoort weer aan Christus, en Christus aan God.

Currently Selected:

1 KORINTIËRS 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy