YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 2

2
Afstammelinge van Israel
1Die seuns van Israel was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon, 2Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser.
Afstammelinge van Juda
3Juda het drie seuns by Bat-Sua, ’n Kanaänitiese vrou, gehad. Hulle name was Er, Onan en Sela. Die oudste seun, Er, was ’n bose man in die oë van die Here en daarom het Hy hom doodgemaak. 4Later het Juda tweelingseuns by Tamar, sy weduwee-skoondogter gehad. Hulle name was Peres en Serag. Juda het dus vyf seuns in totaal gehad.
5Die seuns van Peres was Gesron en Gamul.
6Die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda. Hulle was vyf in totaal.
7Akan#2:7a Grondteks Agar. Vgl Jos 7:1. Agar beteken ramp. seun van Karmi het ’n ramp oor Israel gebring toe hy van die buit gevat het wat vir die Here opsy gesit is.#2:7b Die Hebreeuse term wat hier gebruik word, dui op die volledige toewyding van dinge of mense aan die Here deur dit te vernietig of dit as ’n offer te gee.
8En die seun van Etan was Asarja.
Van Juda se kleinseun Gesron tot Dawid
9Die seuns van Gesron was Jeragmeël, Ram en Kaleb.
10Ram was die pa van Amminadab. Amminadab was die pa van Nagson, ’n leier van Juda.
11Nagson was die pa van Salmon. Salmon was die pa van Boas.
12Boas was die pa van Obed. Obed was die pa van Isai.
13Isai se oudste seun was Eliab, sy tweede was Abinadab, sy derde was Samma, 14sy vierde was Netanel, sy vyfde Raddai, 15sy sesde was Osem en sy sewende was Dawid.
16Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja het drie seuns gehad met die name Abisai, Joab en Asael.
17Abigal het met ’n man met die naam Jeter, ’n Ismaeliet, getrou. Hulle seun was Amasa.
Afstammelinge van Gesron se seun Kaleb
18Gesron se seun Kaleb het twee vroue gehad, Asuba en Jeriot. Asuba se seuns was Jeser, Sobab en Ardon.#2:18 Of Kaleb, die seun van Gesron, het ’n dogter Jeriot gehad by sy vrou Asuba. Haar seuns was Jeter, Sobab en Ardon. 19Na Asuba dood is, het Kaleb met Efrata getrou en hulle het ’n seun met die naam Gur gehad. 20Gur was die pa van Uri. Uri was die pa van Besaleël.
21Toe Gesron 60 jaar oud was, het hy met Gilead se suster, die dogter van Makir getrou. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad. 22Segub was die pa van Jaïr, wat oor 23 stede in die land Gilead regeer het. 23(Later het Gesur en Aram die dorpe van Jaïr, asook Kenat en sy 60 omliggende dorpies as buit geneem.) Hulle was almal afstammelinge van Makir, die pa van Gilead.
24Kort ná Gesron se dood in die stad Kaleb-Efrata het sy vrou Abia geboorte gegee aan ’n seun wat Asgur genoem is. Hy was die pa van#2:24 Grondteks stigter van. Moontlik is dit ook die betekenis op ander plekke waar die teks lees die pa van. Tekoa.
Afstammelinge van Gesron se seun Jeragmeël
25Jeragmeël, die oudste seun van Gesron, se seuns was Ram, die oudste, gevolg deur Buna, Oren, Osem en Agija.
26Jeragmeël het ’n tweede vrou gehad met die naam Atara. Sy was die ma van Onam.
27Die seuns van Ram, die oudste seun van Jeragmeël, was Maäs, Jamin en Eker.
28Die seuns van Onam was Sammai en Jada. Die seuns van Sammai was Nadab en Abisur.
29Die seuns van Abisur en sy vrou Abihajil was Agban en Molid.
30Die seuns van Nadab was Seled en Appajim. Seled is dood sonder kinders, 31maar Appajim het ’n seun met die naam Jisi gehad. Die seun van Jisi was Sesan. Sesan se afstammeling was Aglai.
32Sammai se broer Jada het twee seuns gehad, Jeter en Jonatan. Jeter is dood sonder kinders, 33maar Jonatan het twee seuns gehad, Pelet en Sasa. Dit was die afstammelinge van Jeragmeël.
34Sesan het geen seuns gehad nie, alhoewel hy dogters gehad het. Hy het ook ’n Egiptiese dienaar gehad met die naam Jarga. 35Sesan het een van sy dogters aan Jarga as vrou gegee. Hulle het ’n seun met die naam Attai gehad.
36Attai was die pa van Natan. Natan was die pa van Sabad.
37Sabad was die pa van Eflal. Eflal was die pa van Obed.
38Obed was die pa van Jehu. Jehu was die pa van Asarja.
39Asarja was die pa van Geles. Geles was die pa van Elasa.
40Elasa was die pa van Sismai. Sismai was die pa van Sallum.
41Sallum was die pa van Jekamja. Jekamja was die pa van Elisama.
Afstammelinge van Gesron se seun Kaleb
42Die oudste seun van Kaleb, broer van Jeragmeël, was Mesa, die pa van#2:42, 45, 49-52 Grondteks stigter van. Moontlik is dit ook die betekenis op ander plekke waar die teks lees die pa van. Sif. Kaleb se tweede seun was Maresa, die pa van Hebron.
43Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.
44Sema was die pa van Ragam. Ragam was die pa van Jorkoam. Rekem was die pa van Sammai.
45Die seun van Sammai was Maon. Maon was die pa van#2:42, 45, 49-52 Grondteks stigter van. Moontlik is dit ook die betekenis op ander plekke waar die teks lees die pa van. Bet-Sur.
46Kaleb se byvrou Efa het geboorte gegee aan Garan, Mosa en Gases. Garan was die pa van Gases.
47Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.
48Nog een van Kaleb se byvroue, Maäka, het geboorte gegee aan Seber en Tirgana. 49Sy het ook geboorte gegee aan Saäf, die pa van#2:42, 45, 49-52 Grondteks stigter van. Moontlik is dit ook die betekenis op ander plekke waar die teks lees die pa van. Madmanna, en Sewa, die pa van#2:42, 45, 49-52 Grondteks stigter van. Moontlik is dit ook die betekenis op ander plekke waar die teks lees die pa van. Makbena en Giba. Kaleb het ook ’n dogter gehad met die naam Aksa. 50Dit was die afstammelinge van Kaleb.
Afstammelinge van Kaleb se seun Gur
Die seuns van Gur, die oudste seun van Kaleb se vrou Efrata, was Sobal, die pa van#2:42, 45, 49-52 Grondteks stigter van. Moontlik is dit ook die betekenis op ander plekke waar die teks lees die pa van. Kirjat-Jearim, 51Salma, die pa van#2:42, 45, 49-52 Grondteks stigter van. Moontlik is dit ook die betekenis op ander plekke waar die teks lees die pa van. Betlehem, en Garef, die pa van Bet-Gader.
52Die afstammelinge van Sobal, die pa van#2:42, 45, 49-52 Grondteks stigter van. Moontlik is dit ook die betekenis op ander plekke waar die teks lees die pa van. Kirjat-Jearim, was Reaja, helfte van Managat 53en die families van Kirjat-Jearim, die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die mense van Sora en Estaol voortgekom.
54Die seuns van Salma was Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die helfte van Managat, die Soreërs 55en die families van die skrywers wat in Jabes gewoon het, die Tirateërs, die Simateërs en die Sukateërs. Hulle was almal Keniete wat van Gammat, die pa van die familie van Rekab, afgestam het.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy