YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 19

19
Dawid verslaan die Ammoniete
1’n Ruk later het koning Nagas van die Ammoniete gesterf, en sy seun Ganun#19:1 Grondteks bevat nie Ganun nie. Vgl parallelle teks in 2 Sam 10:1. het in sy plek koning geword.
2Dawid het gesê: “Ek gaan Ganun goed behandel omdat sy pa, Nagas, my altyd goed behandel het.” Dawid het ambassadeurs gestuur om simpatie met Ganun te betoon oor sy pa se dood.
Maar toe Dawid se ambassadeurs in die land van Ammon aankom, 3het Ganun se adviseurs vir hom gesê: “Dink u regtig hierdie manne het gekom om u oor u pa te eer? Nee! Dawid het hulle gestuur om op die land te spioeneer sodat hy kan kom en dit verower!” 4Ganun het toe Dawid se ambassadeurs gevange geneem en hulle baarde afgeskeer, hulle klere in die helfte by hulle heupe afgesny, en hulle in skaamte na Dawid toe teruggestuur.
5Toe Dawid hoor wat gebeur het, het hy boodskappers gestuur om vir die manne te sê: “Bly in Jerigo totdat julle baarde uitgegroei het en kom dan eers terug.” Die ambassadeurs was verneder.
6Die Ammoniete het besef dat hulle Dawid kwaad gemaak het. Ganun en die Ammoniete het toe 34 ton#19:6 Grondteks 1 000 talente. silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Aram-Nagarajim, Aram-Maäka en Soba te huur. 7Hulle het ook 32 000 waens gehuur, asook die koning van Maäka met sy leër. Hierdie magte het by Medeba uitgekamp waar die Ammoniete wat Ganun uit sy eie stede opgeroep het, by hulle aangesluit het. 8Toe Dawid dit hoor, het hy Joab en al sy soldate gestuur om teen hulle te veg. 9Die Ammoniete se soldate het hulle in slagorde opgestel by die poort van die stad terwyl die ander konings hulleself in die oop veld opgestel het vir die geveg.
10Joab het gesien dat hy aan twee kante sal moet veg. Toe kies hy die beste soldate in sy leër en laat hulle onder hom veg. Hy het hulle uitgelei om teen die Arameërs in die oop veld te gaan veg. 11Die res van die leër het hy onder die bevel van sy broer Abisai gesit, en hulle moes die Ammoniete aanval. 12Hy het gesê: “As die Arameërs vir my te sterk word, kom dan oor en help my. En as die Ammoniete vir jou te sterk word, sal ek jou kom help. 13Wees vol moed! Laat ons ons krag gebruik om te veg vir ons volk en die stede van ons God. Mag die Here doen wat Hy wil!”
14Toe Joab en sy soldate aanval, het die Arameërs begin weghardloop. 15En toe die Ammoniete sien die Arameërs hardloop weg, het hulle ook voor Abisai, sy broer, weggehardloop en in die stad gaan wegkruip. Joab het teruggegaan Jerusalem toe.
16Die Arameërs het nou besef dat Israel hulle behoorlik verslaan het. Toe het hulle weer ambassadeurs gestuur en nog meer Aramese soldate van oorkant die Eufraat gaan huur. Hierdie soldate was onder leiding van Sobak, die hoof van Hadad-Eser se weermag.
17Dawid het gehoor wat gebeur het, en hy het die hele Israel gemobiliseer. Hulle het deur die Jordaan getrek en hy het sy soldate in gevegsformasie opgestel. Hy het die Aramese soldate begin aanval, en hulle het teen hom geveg. 18Weereens het die Arameërs voor die Israeliete gevlug. Hierdie keer het Dawid se soldate 7 000 trekperde en 40 000 soldate doodgemaak, insluitende Sobak, die hoof van die weermag.
19Toe die amptenare van Hadad-Eser besef dat Israel hulle verslaan het, het hulle hulle aan Dawid oorgegee en sy onderdane geword. Hierna was die Arameërs nie weer bereid om die Ammoniete te help nie.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 19: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy