YouVersion Logo
Search Icon

1 SAMUEL 29

29
Die Filistynse leiers stuur Dawid weg
1Die hele Filistynse leër het by Afek saamgetrek, terwyl die Israeliete by die fontein in Jisreël kamp opgeslaan het. 2Die Filistynse bevelvoerders het hulle soldate in groepe van 100 en 1 000 laat uittrek. Dawid en sy manne het die agterhoede van koning Akis gevorm. 3Toe vra die Filistynse bevelvoerders: “Wat maak hierdie Hebreërs hier?”
Akis sê vir hulle: “Dit is Dawid, die onderdaan van Saul, koning van Israel. Hy is nou al ’n geruime tyd by my. Sedert hy na my toe uitgewyk het, kon ek nog geen fout by hom vind nie.”
4Maar die Filistynse bevelvoerders was kwaad. “Stuur hom terug na die plek wat jy tot sy beskikking gestel het!” eis hulle. “Hy kan nie saam met ons in die geveg gaan nie. Wat sal gebeur as hy teen ons draai? Daar is mos g’n beter manier vir hom om weer met sy heer versoen te raak as met die koppe van ons vegters nie! 5Dis mos dieselfde Dawid oor wie die vroue van Israel in hulle koordanse gesing het:
Saul het sy duisende verslaan,
maar Dawid sy tienduisende!”
6Toe roep Akis vir Dawid. “So waar as die Here leef,” sê hy, “jy is betroubaar en getrou in alles wat jy doen. Vandat jy by my is tot nou toe het jy niks verkeerds gedoen nie. Ek dink julle is reg, maar die Filistynse vorste wil niks van jou weet nie. 7Moenie hulle verder ontstel nie, en gaan liewer in vrede terug huis toe.”
8“Wat het ek dan gedoen om hierdie behandeling te ontvang?” vra Dawid. “Wat het ek verkeerd gedoen in al die tyd dat ek by u is? Hoekom kan ek nie saam teen die vyande van my heer die koning gaan veg nie?”
9Maar Akis antwoord: “Wat my betref, is jy so goed soos ’n boodskapper van God. Maar die bevelvoerders is bang om jou saam met hulle in die geveg toe te laat.
10“Staan nou môre-oggend vroeg op en vertrek saam met jou manskappe voordat dit lig word.” 11Dawid en sy manskappe is toe vroegoggend terug na die land van die Filistyne toe, terwyl die Filistynse leër na Jisreël opgetrek het.

Currently Selected:

1 SAMUEL 29: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy