YouVersion Logo
Search Icon

1 KORINTIËRS 10

10
Paulus waarsku die gemeente teen afgodsdiens
1Broers en susters#10:1 Grondteks Broers., ek wil hê julle moet goed verstaan wat destyds met ons voorouers in die woestyn gebeur het. God het hulle almal gelei deur middel van ’n wolk wat vooruit gegaan het. Hulle het almal veilig deur die see getrek. 2As volgelinge van Moses is hulle almal in die wolk en die see gedoop. 3En hulle het almal van dieselfde geestelike voedsel geëet 4en almal van dieselfde wonderwater#10:4a Grondteks geestelike water. gedrink. Want hulle het uit die wonderrots#10:4b Grondteks geestelike rots. gedrink wat hulle vergesel het; en daardie rots was Christus. 5En tog was God met die meeste van hulle ontevrede en het Hy hulle in die woestyn laat omkom.
6Hierdie gebeurtenisse moet vir ons tot waarskuwing dien sodat ons nie na verkeerde dinge hunker soos hulle gedoen het nie. 7Ons moet nie afgode dien soos party van hulle nie. Die Skrif sê: “Die volk het gaan sit om fees te vier en opgestaan om voor die afgod danse uit te voer.”#10:7 Eks 32:6. 8Ons moet ons ook nie aan onsedelike dade skuldig maak soos party van hulle nie. Die gevolg was dat 23 000 van hulle op een dag gesterf het. 9Ook moet ons Christus#10:9 Heelwat belangrike manuskripte die Here. nie uittart soos sommige van hulle gedoen het en toe deur slangbyte omgekom het nie. 10En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak. 11Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku – ons wat hier teen die einde van die wêreldgeskiedenis leef.
12Daarom – as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ’n val kom nie. 13Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur.
14Daarom, my geliefdes, vlug weg van die afgodsdiens. 15Ek weet ek praat met verstandige mense. Oordeel self oor wat ek nou gaan sê. 16Wanneer ons aan die tafel van die Here die seën oor die beker uitspreek, kry ons mos aandeel aan Christus se bloed. En as ons die brood breek, kry ons mos aandeel aan Christus se liggaam. 17Omdat ons almal aandeel aan een en dieselfde brood kry, maak ons almal saam, al is ons baie mense, een liggaam uit. 18En dink aan die volk Israel. Almal wat van die offers eet, word daardeur tot ’n eenheid verenig.
19Wat probeer ek sê? Bedoel ek dat afgodsoffers iets belangriks is of dat die afgode werklik bestaan? 20Hoegenaamd nie. Wat ek egter wel sê, is dat daardie offers in werklikheid aan bose geeste gebring word en nie aan ’n godheid nie. En ek wil nie hê enigeen van julle moet met die bose geeste gemeenskap hê nie. 21Julle kan tog nie die beker van die Here drink en ook nog die beker van die bose geeste nie! Julle kan nie aan die tafel van die Here deel hê en ook nog aan die tafel van die bose geeste nie! 22Wil julle werklik die Here uittart? Ons is tog nie magtiger as Hy nie!
23Julle sê: “Alles is ons geoorloof.” Ja, maar nie alles is tot voordeel nie. Alles is inderdaad geoorloof, maar nie alles is opbouend vir almal nie. 24Moenie op julle eie belange ingestel wees nie, maar wees ingestel op wat vir ander die beste is.
25Handel dan soos volg. Eet alles wat in die slaghuis verkoop word. Moenie vra of daarvan aan die afgode geoffer was of nie sodat julle gewete nie belas word nie. 26Want “die aarde en al sy volheid behoort aan die Here”.#10:26 Ps 24:1.
27As ’n ongelowige julle vir ’n ete nooi en julle besluit om te gaan, eet dan alles wat aan julle voorgesit word sonder om enige vrae daaroor te vra. Moet dit dan nie vir julle gewete moeilik maak nie. 28Maar veronderstel iemand sê vir julle dat die vleis vir ’n afgod geoffer was, moet dit dan nie eet nie uit bedagsaamheid teenoor die een wat dit vir julle vertel het en ter wille van die gewete – 29ek bedoel nie julle eie gewete nie, maar die ander persoon s’n.
Moet my vryheid dan ingeperk word deur iemand anders se gewetensbesware? 30As ek God kan dank vir die kos en dit geniet, is dit dan reg dat ek daarvoor veroordeel word? 31Wat julle ook al eet of drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. 32Moenie die Jode aanstoot gee nie, ook nie vir die Grieke of vir die gemeente van God nie. Dit is ook my beleid. 33Ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie voordeel nie, maar dié van baie ander met die oog op hulle verlossing.

Currently Selected:

1 KORINTIËRS 10: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy