1
OPENBARING 20:15
Afrikaans 1933/1953
AFR53
En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Compare
Explore OPENBARING 20:15
2
OPENBARING 20:12
En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
Explore OPENBARING 20:12
3
OPENBARING 20:13-14
En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
Explore OPENBARING 20:13-14
4
OPENBARING 20:11
EN ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
Explore OPENBARING 20:11
5
OPENBARING 20:7-8
EN wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
Explore OPENBARING 20:7-8
Home
Bible
Plans
Videos