Soekresultate
MALEAGI 3:10 (AFR83)
Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.
MALEAGI 3:11 (AFR83)
Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, sê die Here die Almagtige.
MALEAGI 3:1 (AFR83)
Ek gaan nou my boodskapper stuur, Hy sal die pad voor My uit regmaak, en dan sal die Here na wie julle soek, skielik na sy tempel toe kom. Ja, die Verbondsengel na wie julle met soveel vreugde uitsien, gaan nou kom, sê die Here die Almagtige.
MALEAGI 3:2 (AFR83)
Maar wie kan die koms van dié Engel verdra, wie kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy is soos die vuur van die smelters en soos die seep van die wassers.
MALEAGI 3:3 (AFR83)
Soos iemand wat silwer smelt en suiwer, so sal Hy as regter gaan sit om die Leviete te suiwer, om hulle te louter soos goud en silwer, sodat hulle aan die Here 'n offer kan bring wat bestaan uit regdoen.
MALEAGI 3:4 (AFR83)
Dan sal die offer van Juda en Jerusalem weer aanneemlik wees vir die Here soos in die ou tyd, soos in jare lank verby.
MALEAGI 3:5 (AFR83)
Dan sal Ek na julle toe kom as regter: Ek sal sonder versuim regspreek teen dié wat hulle met toordery ophou, teen die egbrekers en dié wat vals ede aflê, teen dié wat die dagloner te kort doen, die weduwee en die weeskind veronreg en die vreemdeling verdring, teen dié wat nie vir My eerbied het nie, sê die Here die Almagtige.
MALEAGI 3:6 (AFR83)
Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.
MALEAGI 3:7 (AFR83)
Van julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifte afgewyk en nie daarvolgens geleef nie. Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe, sê die Here die Almagtige. Maar julle vra: “Waarom moet ons ons bekeer?”
MALEAGI 3:8 (AFR83)
Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes.
MALEAGI 3:9 (AFR83)
Daar rus alreeds 'n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit.
MALEAGI 3:12 (AFR83)
Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou; julle sal in 'n begeerlike land woon, sê die Here die Almagtige.
MALEAGI 3:13 (AFR83)
Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak, sê die Here. Maar julle vra: “Wat het ons oor U gesê?”
MALEAGI 3:14 (AFR83)
Julle het gesê: “Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom, die Here die Almagtige?
MALEAGI 3:15 (AFR83)
Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!”
MALEAGI 3:16 (AFR83)
Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam.
MALEAGI 3:17 (AFR83)
Hulle sal vir My 'n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige. Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.
MALEAGI 3:18 (AFR83)
Dan sal julle weer die verskil sien tussen wie goed doen en wie goddeloos is, tussen wie My dien en wie My nie dien nie.
MALEAGI 4:3 (AFR83)
Julle sal die goddeloses vertrap dat hulle soos stof onder julle voete word die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.
MALEAGI 1:3 (AFR83)
en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee.
MALEAGI 2:3 (AFR83)
Ek sal sorg dat julle nie 'n nageslag het nie, en Ek sal die pensmis van die diere wat deur julle geoffer word op die feeste, in julle gesigte spat, en julle sal saam met die pensmis weggedra word.
MALEAGI 4:2 (AFR83)
Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.
MALEAGI 4:4 (AFR83)
Onthou die wet van my dienaar Moses, die voorskrifte en die bepalings wat Ek aan hom by Horeb gegee het vir die hele Israel.
MALEAGI 4:5 (AFR83)
Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, die verskriklike dag.
MALEAGI 4:6 (AFR83)
Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.