Soekresultate vir: Psalms 34:15

PSALMS 34:15 (AFR83)

Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

PSALMS 34:16 (AFR83)

Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.

PSALMS 34:19 (AFR83)

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

PSALMS 34:11 (AFR83)

Selfs leeus ly gebrek en kry honger, maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie.

PSALMS 34:13 (AFR83)

As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet,

PSALMS 34:14 (AFR83)

moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.

PSALMS 34:18 (AFR83)

As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.

PSALMS 34:1 (AFR83)

'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.

PSALMS 34:17 (AFR83)

Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.

PSALMS 34:12 (AFR83)

Kom, kinders, luister na my! Ek wil julle leer hoe om die Here te dien.

PSALMS 34:10 (AFR83)

Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.

PSALMS 34:20 (AFR83)

Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.

PSALMS 34:21 (AFR83)

Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige: geen been word gebreek nie.

PSALMS 34:8 (AFR83)

Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle.

PSALMS 34:23 (AFR83)

Die Here maak sy dienaars vry. Wie by Hom skuil, sal nie as skuldige behandel word nie.

PSALMS 34:3 (AFR83)

Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.

PSALMS 34:4 (AFR83)

Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.

PSALMS 34:6 (AFR83)

Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.

PSALMS 34:9 (AFR83)

Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.

PSALMS 34:22 (AFR83)

Die kwaad wat die goddelose doen, bewerk sy eie ondergang: vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.

PSALMS 34:2 (AFR83)

Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees.

PSALMS 34:5 (AFR83)

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.

PSALMS 34:7 (AFR83)

Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.

PSALMS 15:2 (AFR83)

Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat,

PSALMS 15:1 (AFR83)

'n Psalm van Dawid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef?

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid