Soekresultate vir: Johannes 14:3

JOHANNES 14:3 (AFR83)

En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

3 JOHANNES 1:3 (AFR83)

Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel, hoe jy in die waarheid lewe.

3 JOHANNES 1:7 (AFR83)

want hulle is op reis om Christus te verkondig, en hulle ontvang niks van die heidene nie.

3 JOHANNES 1:12 (AFR83)

Van Demetrius getuig almal net wat goed is, en ook die waarheid bevestig dit. Ons getuig dit ook, en jy weet dat ons getuienis waar is.

3 JOHANNES 1:10 (AFR83)

Daarom sal ek die dinge wat hy doen, ter sprake bring as ek daarheen kom: hy versprei slegte en vals gerugte oor ons; en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy self ook nie die medegelowiges nie, en dié wat dit wil doen, belet hy en ban hy uit die gemeente.

3 JOHANNES 1:13 (AFR83)

Ek moes vir jou nog baie dinge sê, maar ek wil dit nie skriftelik doen nie.

3 JOHANNES 1:14 (AFR83)

Ek hoop egter om jou binnekort te sien; dan kan ons persoonlik praat.

3 JOHANNES 1:1 (AFR83)

Van die oudste. Aan Gaius, my vriend, wat ek waarlik liefhet.

3 JOHANNES 1:8 (AFR83)

Dit is dus óns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid.

3 JOHANNES 1:11 (AFR83)

Liewe Gaius, moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie.

3 JOHANNES 1:2 (AFR83)

Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan.

3 JOHANNES 1:4 (AFR83)

Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.

3 JOHANNES 1:5 (AFR83)

Liewe Gaius, jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eens geken het nie.

3 JOHANNES 1:6 (AFR83)

Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag,

3 JOHANNES 1:9 (AFR83)

Ek het 'n briefie aan julle gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat danig daarop gesteld is dat hy hulle voorganger is, aanvaar nie ons gesag nie.

3 JOHANNES 1:15 (AFR83)

Ek wens jou vrede toe. Die vriende hier stuur vir jou groete. Dra my groete oor aan die vriende daar, aan elkeen persoonlik.

JOHANNES 14:30 (AFR83)

Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie,

JOHANNES 14:31 (AFR83)

maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. “Staan op, laat ons hiervandaan weggaan.”

JOHANNES 14:2 (AFR83)

In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.

JOHANNES 14:10 (AFR83)

Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.

JOHANNES 14:16 (AFR83)

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,

JOHANNES 14:17 (AFR83)

naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

JOHANNES 14:11 (AFR83)

Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.

JOHANNES 14:19 (AFR83)

Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.

JOHANNES 14:24 (AFR83)

Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s'n wat My gestuur het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid