Soekresultate vir: Handelinge 28:5

HANDELINGE 28:5 (AFR83)

Paulus het egter die slang in die vuur afgeskud en niks oorgekom nie.

HANDELINGE 28:2 (AFR83)

Die mense daar was baie vriendelik teenoor ons. Omdat dit begin reën het en koud was, het hulle 'n vuur aangesteek en ons almal daarby verwelkom.

HANDELINGE 28:14 (AFR83)

Daar het ons gelowiges teëgekom wat ons uitgenooi het om sewe dae by hulle te bly. En so is ons na Rome toe.

HANDELINGE 28:15 (AFR83)

Die gelowiges daar het van ons gehoor, en party van hulle het ons by die Appiusmark kom ontmoet en party by die Drie Herberge. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep.

HANDELINGE 28:27 (AFR83)

Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak, sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.

HANDELINGE 28:30 (AFR83)

Paulus het 'n volle twee jaar lank in die huis gebly wat hy gehuur het, en hy het almal ontvang wat hom kom besoek het.

HANDELINGE 28:1 (AFR83)

Nadat ons veilig aan wal gekom het, het ons gehoor dat dit die eiland Malta is.

HANDELINGE 28:8 (AFR83)

Publius se pa was in die bed, siek aan maagkoors. Paulus het na hom toe gegaan, en nadat hy gebid het, het hy hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.

HANDELINGE 28:10 (AFR83)

Hulle het ons met baie geskenke vereer, en toe ons vertrek, het hulle ons van alles voorsien wat ons nodig gehad het.

HANDELINGE 28:12 (AFR83)

Ons het in Sirakuse gekom en drie dae daar oorgebly.

HANDELINGE 28:17 (AFR83)

Drie dae later het hy die Joodse leiers na hom toe uitgenooi. Toe hulle bymekaargekom het, het hy vir hulle gesê: “Broers, ek het niks teen ons volk of teen die gebruike van ons voorvaders gedoen nie, en tog is ek in Jerusalem gevange geneem en aan die Romeine uitgelewer.

HANDELINGE 28:19 (AFR83)

Maar omdat die Jode daarteen beswaar gemaak het, is ek gedwing om my op die keiser te beroep. Dit beteken egter nie dat ek 'n aanklag teen my volk gaan inbring nie.

HANDELINGE 28:28 (AFR83)

“Julle moet nou goed verstaan dat God se boodskap van redding na die heidennasies toe gestuur word. Húlle sal luister.”

HANDELINGE 28:3 (AFR83)

Paulus het 'n klomp hout bymekaargemaak en op die vuur gegooi. Van die hitte het daar 'n slang uitgekom, en dit het aan sy hand vasgebyt.

HANDELINGE 28:4 (AFR83)

Toe die mense die slang aan Paulus se hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man moet beslis 'n moordenaar wees. Al is hy uit die see gered, wil die goddelike wraak hom nie laat lewe nie.”

HANDELINGE 28:6 (AFR83)

Hulle het gewag dat hy moet opswel of skielik dood neerslaan, maar nadat hulle 'n lang ruk gewag het en gesien het dat daar niks ongewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en gesê hy is 'n god.

HANDELINGE 28:7 (AFR83)

Daar was 'n plaas in daardie omgewing wat aan die hoof van die eiland, 'n man met die naam Publius, behoort het. Hy het ons vriendelik ontvang en ons drie dae lank as sy gaste gehuisves.

HANDELINGE 28:9 (AFR83)

Na hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland na Paulus toe gekom, en hy het hulle gesond gemaak.

HANDELINGE 28:11 (AFR83)

Na drie maande het ons vertrek met die Dioskuri, 'n Aleksandrynse skip, wat daar oorwinter het.

HANDELINGE 28:13 (AFR83)

Daarvandaan het ons verder gevaar en in Regium gekom. Die volgende dag het daar 'n suidewind begin waai, en na twee dae was ons in Puteoli.

HANDELINGE 28:16 (AFR83)

Na ons aankoms in Rome het Paulus die vergunning gekry om op sy eie te woon met 'n soldaat om hom te bewaak.

HANDELINGE 28:18 (AFR83)

Hulle het my verhoor en wou my loslaat omdat daar geen rede was om my ter dood te veroordeel nie.

HANDELINGE 28:20 (AFR83)

Dit is dan die rede waarom ek u laat roep het om u te ontmoet en met u te praat. Ek is in hierdie boeie ter wille van Hom vir wie Israel verwag.”

HANDELINGE 28:21 (AFR83)

Toe sê hulle vir hom: “Ons het geen briewe oor u van Judea af gekry nie, en nie een van ons broers het berig oor u gebring of iets kwaads van u gesê nie.

HANDELINGE 28:22 (AFR83)

Ons wil graag hoor wat u dink, want al wat ons weet, is dat daar oral teenstand teen hierdie rigting is.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid