Soekresultate vir: Efesiers 5:26

EFESIËRS 5:26 (AFR83)

Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het,

EFESIËRS 5:24 (AFR83)

Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.

EFESIËRS 5:25 (AFR83)

Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

EFESIËRS 5:27 (AFR83)

sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik.

EFESIËRS 5:23 (AFR83)

Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk.

EFESIËRS 5:28 (AFR83)

Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief,

EFESIËRS 5:20 (AFR83)

Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.

EFESIËRS 5:21 (AFR83)

Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.

EFESIËRS 5:2 (AFR83)

Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

EFESIËRS 5:29 (AFR83)

want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen

EFESIËRS 5:22 (AFR83)

Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.

EFESIËRS 5:5 (AFR83)

Dít moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of 'n gierigaard is – want gierigheid is afgodery – het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.

EFESIËRS 5:19 (AFR83)

en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.

EFESIËRS 5:7 (AFR83)

Met sulke mense moet julle niks te doen hê nie.

EFESIËRS 5:8 (AFR83)

Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.

EFESIËRS 5:32 (AFR83)

Hierin lê daar 'n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk.

EFESIËRS 5:33 (AFR83)

Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en 'n vrou moet aan haar man eerbied betoon.

EFESIËRS 5:18 (AFR83)

Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,

EFESIËRS 5:9 (AFR83)

Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.

EFESIËRS 5:17 (AFR83)

Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

EFESIËRS 5:6 (AFR83)

Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.

EFESIËRS 5:11 (AFR83)

en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.

EFESIËRS 5:12 (AFR83)

Dit is 'n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen.

EFESIËRS 5:13 (AFR83)

Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val.

EFESIËRS 5:14 (AFR83)

En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid