Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 7:23 (AFR83)

Die Here jou God sal die nasies in jou mag oorgee. Hy sal hulle in groot verwarring bring totdat hulle uiteindelik vernietig is.

DEUTERONOMIUM 8:3 (AFR83)

Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed, iets waarmee nóg jy nóg jou voorvaders bekend was. Hy het dit gedoen om jou te leer dat 'n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom.

DEUTERONOMIUM 8:4 (AFR83)

Jou klere het in die veertig jaar nie verslyt nie, en jou voete het nie geswel nie.

DEUTERONOMIUM 8:9 (AFR83)

'n land sonder armoede, waarin jy genoeg sal eet en niks sal kortkom nie, 'n land waarin daar volop yster in die klippe is en waar jy kan koper delf in die berge.

DEUTERONOMIUM 9:15 (AFR83)

“Toe het ek omgedraai en terwyl die berg gebrand het, het ek afgegaan met die twee klippe van die verbond in my hande.

DEUTERONOMIUM 13:1 (AFR83)

“Wanneer 'n profeet of iemand wat drome uitlê by jou kom en vir jou vertel van 'n teken of 'n wonder,

DEUTERONOMIUM 13:5 (AFR83)

Daardie profeet of droomuitlêer moet doodgemaak word, want hy het jou aangehits om in opstand te kom teen die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het en jou bevry het uit die plek van slawerny. Daardie man wil jou laat optree in stryd met die wil van die Here jou God wat Hy aan jou geopenbaar het. Jy moet hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.

DEUTERONOMIUM 13:16 (AFR83)

Jy moet alles in die stad op die stadsplein bymekaarmaak en saam met die stad geheel en al verbrand as 'n offer aan die Here jou God. Die stad moet vir altyd 'n puinhoop bly. Dit mag nie weer herbou word nie.

DEUTERONOMIUM 13:17 (AFR83)

Niks van wat as banoffer bestem is, mag deur jou gevat word nie, sodat die toorn van die Here nie verder ontvlam nie en Hy jou genadig kan wees. Dan sal jy weer baie word soos die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het,

DEUTERONOMIUM 14:8 (AFR83)

Dit geld ook van die vark: hy het wel gesplete kloue maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie.

DEUTERONOMIUM 14:23 (AFR83)

jy moet dit in die teenwoordigheid van die Here jou God eet op die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te laat woon. Jy moet die tiende opsy sit van jou koring, jou wyn en jou olie en dan ook nog die eerstelinge van jou grootvee en jou kleinvee, sodat jy kan leer om die Here jou God altyddeur te eer.

DEUTERONOMIUM 15:2 (AFR83)

Dit moet so gedoen word: elkeen aan wie 'n mede-Israeliet iets skuld, moet dit vir hom afskryf. 'n Skuldeiser mag nie sy mede-Israeliet, sy broer, dwing om hom te betaal nie, want dit is die jaar waarin die Here afskrywing van skuld beveel.

DEUTERONOMIUM 15:20 (AFR83)

Jy en jou familie moet dit elke jaar in die teenwoordigheid van die Here jou God eet op die plek wat Hy gekies het.

DEUTERONOMIUM 16:22 (AFR83)

Jy mag ook nie vir jou 'n klippilaar oprig nie, want die Here jou God haat sulke goed.

DEUTERONOMIUM 17:3 (AFR83)

deur ander gode te dien en te vereer: die son of die maan of enige ander hemelliggaam. Die Here het nie hierdie soort diens beveel nie.

DEUTERONOMIUM 17:13 (AFR83)

Die hele volk sal hiervan hoor en bang word om so moedswillig op te tree.”

DEUTERONOMIUM 17:15 (AFR83)

Stel dan tog die koning aan vir wie die Here jou God kies. Jy moet iemand uit jou eie volk as koning aanstel. Jy mag nie 'n uitlander, iemand wat nie uit jou volk is nie, as koning aanstel nie.

DEUTERONOMIUM 17:19 (AFR83)

Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe.

DEUTERONOMIUM 18:2 (AFR83)

Die priesters kry nie 'n eie grondgebied tussen hulle volksgenote nie, Levi ontvang van wat die Here self toekom. Dit is soos die Here vir hom beloof het.

DEUTERONOMIUM 18:3 (AFR83)

Die priesters mag soos volg by die volk aanspraak maak op offers wat gebring word: iemand wat 'n bees of 'n skaap kom offer, moet vir die priester die blad, die kakebene en die pens van die dier gee;

DEUTERONOMIUM 18:4 (AFR83)

jy moet vir die priester die beste deel gee van jou koringoes en jou wynoes, van jou olie-opbrengs en jou wolskeersel.

DEUTERONOMIUM 18:5 (AFR83)

Die Here jou God het die Levistam uit al jou stamme uitgekies om in sy diens te staan. Levi en sy nageslag moet vir altyd aan die Naam van die Here diens lewer.

DEUTERONOMIUM 18:6 (AFR83)

Wanneer 'n Leviet uit enige van die Israelitiese stede waar hy as vreemdeling woon, na die plek toe wil kom wat die Here sal kies,

DEUTERONOMIUM 18:7 (AFR83)

mag die Leviet aan die Naam van die Here sy God diens lewer soos al sy mede-Leviete wat daar in die teenwoordigheid van die Here diens doen.

DEUTERONOMIUM 18:14 (AFR83)

Hierdie nasies wat jy gaan verdryf, luister na towenaars en besweerders. Maar die Here jou God verbied jou om dit te doen.”