Soekresultate
ROMEINE 8:10 (AFR83)
Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.
ROMEINE 8:11 (AFR83)
Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
ROMEINE 8:12 (AFR83)
Daarom dan, broers, staan ons onder 'n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie.
ROMEINE 8:13 (AFR83)
As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.
ROMEINE 8:14 (AFR83)
Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.
ROMEINE 8:15 (AFR83)
Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.
ROMEINE 8:16 (AFR83)
Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
ROMEINE 8:17 (AFR83)
En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
ROMEINE 8:19 (AFR83)
Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is.
ROMEINE 8:30 (AFR83)
Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.
ROMEINE 8:32 (AFR83)
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
ROMEINE 8:33 (AFR83)
Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry.
ROMEINE 8:34 (AFR83)
Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.
ROMEINE 8:36 (AFR83)
Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.”
ROMEINE 15:28 (AFR83)
As ek daarmee klaar is en die volle bedrag wat ingesamel is, veilig aan hulle besorg het, sal ek by julle langs na Spanje toe reis.
ROMEINE 1:28 (AFR83)
En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.
ROMEINE 2:28 (AFR83)
Nie hy is 'n Jood wat dit uiterlik is nie, en nie dit is besnedenheid wat uiterlik aan die liggaam gedoen is nie.
ROMEINE 3:28 (AFR83)
Ons betoog is tog dat 'n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie.
ROMEINE 9:28 (AFR83)
want die Here gaan eens en vir altyd hier op aarde die saak afhandel.”
ROMEINE 11:28 (AFR83)
Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande van God, en dit kom julle ten goede, maar kragtens die uitverkiesing is hulle geliefdes om die aartsvaders se ontwil.
EKSODUS 8:28 (AFR83)
Hierna sê die farao: “Dan laat ek julle nou maar gaan om in die woestyn vir julle God, die Here, te offer. Moet net nie te ver weg gaan nie, en bid vir my.”
JOSUA 8:28 (AFR83)
Josua het Ai afgebrand en daarvan vir altyd 'n verlate ruïne gemaak. Dit is nou nog so.
RIGTERS 8:28 (AFR83)
Die Midianiete was onderdanig aan Israel. Hulle het nie weer in opstand gekom nie, en daar was veertig jaar lank vrede in die land in die dae van Gideon.
ESRA 8:28 (AFR83)
Daarna het ek vir die twaalf priesters gesê: “Julle is aan die Here gewy, hierdie goed is ook aan Hom gewy. Die silwer en die goud is vrywillige gawes aan die Here die God van julle voorvaders.
SPREUKE 8:28 (AFR83)
toe Hy die wolke daarbo gesit het, die fonteine onder die diep water laat uitborrel het.