Soekresultate
DIE OPENBARING 7:5 (AFR83)
uit die stam van Juda is daar twaalf duisend gemerk, uit die stam Ruben twaalf duisend, uit die stam Gad twaalf duisend,
DIE OPENBARING 7:6 (AFR83)
uit die stam Aser twaalf duisend, uit die stam Naftali twaalf duisend, uit die stam Manasse twaalf duisend,
DIE OPENBARING 7:7 (AFR83)
uit die stam Simeon twaalf duisend, uit die stam Levi twaalf duisend, uit die stam Issaskar twaalf duisend,
DIE OPENBARING 7:8 (AFR83)
uit die stam Sebulon twaalf duisend, uit die stam Josef twaalf duisend, en uit die stam Benjamin is daar twaalf duisend gemerk.
DIE OPENBARING 7:9 (AFR83)
Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande.
DIE OPENBARING 7:10 (AFR83)
Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”
DIE OPENBARING 7:11 (AFR83)
Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid
DIE OPENBARING 7:12 (AFR83)
en gesê: “Amen! Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!”
DIE OPENBARING 7:13 (AFR83)
Een van die ouderlinge vra toe vir my: “Hierdie mense met die wit klere aan, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?”
DIE OPENBARING 7:14 (AFR83)
“Ek weet nie, Meneer,” sê ek vir hom, “maar ú weet.” Hy sê toe vir my: “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam.
DIE OPENBARING 7:15 (AFR83)
Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly.
DIE OPENBARING 7:16 (AFR83)
Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en 'n hittegloed ook nie,
DIE OPENBARING 7:17 (AFR83)
want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.”
GENESIS 19:7 (AFR83)
het hy gesê: “Nee, vriende! Moenie so 'n verkeerde ding doen nie.
LUKAS 19:7 (AFR83)
Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by 'n sondige man tuis!”
HANDELINGE 19:7 (AFR83)
Hulle was altesaam omtrent twaalf.
DEUTERONOMIUM 19:7 (AFR83)
Dit is waarom ek jou beveel om drie stede uit te sonder.
RIGTERS 19:7 (AFR83)
Die man was op die punt om te vertrek, maar toe sy skoonpa daarop aandring, het hy omgedraai en daar oornag.
JOB 19:7 (AFR83)
Ek skreeu: ‘Geweld!’ maar kry geen reaksie nie, ek roep om hulp maar daar word nie aan my reg gedoen nie.
PSALMS 19:7 (AFR83)
Aan die een kant van die hemel kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy gloed nie.
SPREUKE 19:7 (AFR83)
As 'n arm man se broers almal niks met hom te doen wil hê nie, bly sy vriende ook van hom af weg, en om hulle te soebat, help nie.
JEREMIA 19:7 (AFR83)
Op hierdie plek sal Ek 'n end maak aan die planne van Juda en Jerusalem. Ek sal hulle vyande hulle met die swaard laat afmaai, hulle oorlewer in die mag van mense deur wie hulle nie gespaar sal word nie, en Ek sal hulle lyke deur voëls en roofdiere laat opvreet.
ESEGIËL 19:7 (AFR83)
Hy het hulle weduwees vir hom gevat en hulle stede verwoes. Die land en almal daarin was verskrik vir sy gebrul.
JESAJA 19:7 (AFR83)
die waterplante langs die Nyl by die Nylmond. Alles wat langs die Nyl gesaai is, sal verdroog, dit sal wegwaai en verdwyn.
MATTEUS 19:7 (AFR83)
Hulle vra Hom toe: “Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou 'n skeibrief gee, hy van haar kan skei?”