Dit is afgehandel!Voorbeeld

Wat is verlossing?
“Ons het almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant.”
Romeine 3:23-24, NLV
God het jou lief en Hy het jou geskep om in ’n verhouding met Hom te staan. Almal van ons sondig (Romeine 3:23) en is met ’n sondige natuur gebore. Ons kies om kwaad te doen en ons rug op God te draai. Ons sondes skei ons van God, want Hy is heilig. God wil nie hê dat enigiemand van Hom geskei moet wees nie; daarom het Hy vir ons Jesus Christus sy enigste Seun gegee. God het sy Seun vir my en jou geoffer toe ons nog sondaars was sodat ons die ewige lewe kan hê (Johannes 3:16).
Jesus Christus is God se enigste voorsiening vir die mens se sonde. Slegs deur Hom kan ons God persoonlik ken en van ons sondes vergewe word. Sommige mense probeer die gaping tussen hulle en God oorbrug deur goeie werke te doen of met geestelike aktiwiteite doenig te raak. Dis egter alles tevergeefs, want dis onmoontlik om verlossing te verdien. Verlossing is ’n geskenk wat ons deur Jesus se offer aan die kruis ontvang.
Aangaande hierdie leesplan

Jy kan dit nie koop nie, jy kan dit nie verdien nie... Waarvan praat ons? Ons praat oor verlossing. Jesus het ons almal se skuld betaal toe Hy aan die kruis op Golgota gesterf het. Die laaste ding wat Hy gesê het, was: “Dit is nou afgehandel!” (Johannes 19:30, NLV). Angus Buchan kom herinner ons vandag dat ons ons verlossing gratis ontvang het en dat ons skuld betaal is. Al wat ons moet doen, is om dankie te sê en om vir ander van Jesus te gaan vertel.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us









