Die Opgestane Redder en Sy KerkVoorbeeld

Die koms van die Messias is voorspel — en vervul. Jesus se opstanding uit die dood is voorspel—en vervul. Nou wag die kerk op sy terugkeer — en Hy sal kom.
Toe Jesus die eerste keer gekom het — as ’n baba gebore in ’n krip — het baie gemis dat die Messias gekom het, omdat hulle ’n magtige leier verwag het wat met sigbare gesag sou regeer en heers. Maak geen fout nie: dit is wie Jesus is — en soveel meer. Hy is die Koning van konings en die Here van here.
Openbaring vertel ons dat wanneer Hy weer kom, Hy op die wolke sal kom, en dit sal oorweldigend en vreesaanjaend wees om te aanskou. Op daardie dag sal ons die Seun van die Mens in sy heerlikheid sien. Elke mens sal Hom sien. Sy majesteit, heiligheid en absolute gesag oor alles wat geskape is, sal onmiskenbaar wees.
Tot daardie dag word ons geroep om in aktiewe vrede te leef.
In vrede — want Hy sal terugkom vir sy kerk, en ons is nie alleen gelaat nie; die Heilige Gees is by ons.
Aktief — want ons is deur sy Gees bekragtig om voor te berei vir sy koms.
Ons het ’n missie wat belangriker is as enigiets anders. Mag Hy nie terugkom en sy kerk onvoorbereid vind nie — besig om hulself oor te gee aan die plesiere van die wêreld en te rus, in stede daarvan om die evangelie tot die laaste oomblike te verkondig.
Wie is Jesus vir jou vandag? Die baba in die krip, die gewonde man aan die kruis of die verheerlikte Koning wat gaan terugkom.
Glo jy, en spreek jou lewe daarvan, dat Hy weer gaan kom?
Hoe neem jy tans aktief deel aan sy missie?
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie Paasfees, onthou: Jesus het opgestaan! Petrus en Johannes het na die graf toe gehardloop en ontdek dat die Verlosser die dood oorkom het. Sy werk is voltooi — verlossing, vergifnis en versoening is ons s'n. Nou is sy kerk geroep om sy werk voort te sit asook om, vrede en orde deur die Gees te bring.
More
Ons wil graag Every Nation Kruislig bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.kruislig.co.za



