Die Opgestane Redder en Sy KerkVoorbeeld

Die Opgestane Redder en Sy Kerk

DAG 1 VAN 3

In Johannes hoofstuk 20, wanneer Petrus en Johannes hoor dat Jesus se liggaam nie meer in die graf is nie, verstaan hulle nog nie wat dit beteken nie. Nog steeds onseker, hardloop hulle met al hul krag om self te gaan kyk. Wat hulle ontdek, is nie dat Jesus weg is nie — maar dat Hy opgestaan het. Hierdie waarheid verander alles in hul lewens van daardie oomblik af. Dit is ook 'n waarheid wat bedoel is om alles aan ons s'n te verander.

Johannes kom by die graf en sien die begrafnisdoeke daar lê. Dit is nie 'n grafroof nie. Die liggaam wat eens in daardie doeke toegedraai was, is weer lewendig — en Johannes glo.

Hoe hardloop jy na Jesus toe? Hardloop jy met alles in jou, gretig om self te gaan kyk of wat oor Jesus — die opgestane Koning — gesê word, waar is? Of gaan jy voort met jou normale roetine, grotendeels onaangeraak deur die waarheid dat die Verlosser opgestaan het?

Is jy hierdie Paasseisoen bereid om weer na Jesus toe te hardloop en toe te laat dat geloof jou hart hervorm?

Aangaande hierdie leesplan

Die Opgestane Redder en Sy Kerk

Hierdie Paasfees, onthou: Jesus het opgestaan! Petrus en Johannes het na die graf toe gehardloop en ontdek dat die Verlosser die dood oorkom het. Sy werk is voltooi — verlossing, vergifnis en versoening is ons s'n. Nou is sy kerk geroep om sy werk voort te sit asook om, vrede en orde deur die Gees te bring.

More

Ons wil graag Every Nation Kruislig bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.kruislig.co.za