Wees 'n betroubare persoon

Wees 'n betroubare persoon

4 Dae

Betroubaarheid is een van die waardevolste eienskappe wat ’n persoon kan hê – by die werk, in verhoudings en in jou verhouding met God. Hierdie 4-dagleesplan wys hoe dit die alledaagse in die wonderbaarlike verander. Jy sal leer hoeveel waarde mense en God aan betroubaarheid heg, hoekom volgehoue 100%-inspanning noodsaaklik is en hoe getrouheid in klein dingetjies die grondslag vir groot verantwoordelikheid is. Hierdie leesplan help jou om jou karakter te bou en ’n lewe te lei waarop ander kan staatmaak.

Ons wil graag Radiokansel bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.radiokansel.co.za