Vreemdeling Tot Volgeling

Vreemdeling   Tot   Volgeling

40 Dae

Simon van Sirene kan maklik misgekyk word, omdat hy net in drie verse in die Evangelies kortliks genoem word. Maar Simon se verhaal demonstreer hoe die kruis van Jesus ‘n mens se lewe verander en toekoms kan beïnvloed. Hierdie 40 dae oordenkings neem jou op ’n lewensveranderende reis terug na daardie heilige oomblik waar die lyding van Christus en die alledaagse lewe van ’n onbekende man mekaar raakloop.

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.collage.org.za