’n Nuwe Begin met JesusVoorbeeld

Genade gebeur!
Genade gebeur! Genade, wat reg gebeur, vertel luidkeels dat die Here my onvoorwaardelik liefhet. Hy het my lief sonder dat ek iets gedoen het om dit te verdien. Philip Yancey skryf juis in sy bekende boek, “What’s So Amazing About Grace”, dat daar niks is wat ons ooit gedoen het, of wat ons tans doen, of wat ons in die toekoms gaan doen wat sal maak dat die Here ons meer of minder sal liefhê nie. Hy het ons in elk geval lief. Genade is God se Nuwe Genesis na elke slegte Eksodus wat ons aangepak het. Genade is die hemel se oorbegin en herbegin in ons lewe. Elke keer! Genade is wanneer God ons nie net maar nog ‘n soeveelste kans gee nie, maar wanneer Hyself die kanse skep én die kanse waag om die hemelse sluise bokant ons lewe oop te maak. Genade verander God in die kansvatter. Hy waag dit met ons. Hy doen dit, omdat Hy ons onvoorwaardelik liefhet.
Genade is ervaarbaar en voelbaar. Genade vertel dat Jesus bereid is om met ons elkeen oor te begin en her te begin. Sy sagte hemelse uitveër, waarmee Hy al ons foute en sondes in een oogwink uitvee, is genade in lewende lywe. Wag, sy kruis is hierdie uitveër. Dit vertel lewensgroot dat God kant gekies het vir sondaars, verlorenes en gebrokenes. Dit vertel dat God nuut begin. Onsself ervaar hierdie nuwe begin wanneer ons in Jesus glo as die Here van ons lewe. Dan is sy genade aan’t gebeur in ons lewe.
Gebed:
Dankie vir nimmereindigende genade, Jesus. Dit is onverdiend. Ek loof U.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 4-dae-leesplan nooi jou om stil te word en weer die wonder van God se genade te ontdek — genade wat elke dag nuut gebeur, wat jou woorde sagter maak, jou geloof versterk, en jou help om die ware waarde van die lewe te meet. In elke dag se teks en gebed word jy herinner dat God se liefde nie verdien word nie, maar uitgestort word. Kom beleef hoe Jesus die brug is tussen jou hart en God se ewige lewe.
More
Ons wil graag eKerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.ekerk.org
Verwante Leesplanne

Wys My Die Weg - Lydenstydreis Vir Graad 6 & 7

Jy Kan God in Alle Omstandighede Vertrou

Wees 'n betroubare persoon

Die Opgestane Redder en Sy Kerk

Beweeg Verby Die Raaiwerk: Leer God se Wil Ken

Leef Voluit, Elke Dag

Vrydag. Saterdag. Sondag!

Mediteer & Perkoleer: Laat God se Woord jou Leefstyl Vorm

Stories uit die eresaal
