Follow, Fellowship, FishVoorbeeld

Jesus roep ons om Hom te volg. Om Hom te volg beteken om ons lewens na Syne te modelleer; om te leef, te dink, op te tree en lief te hê soos Jesus. Gelukkig hoef ons nie hierdie te doen deur ons eie krag nie! Hy gee sy kinders die Heilige Gees wat ons lei. Hy gee ons die Woord om te volg. Hy nooi ons om 'n diep persoonlike verhouding met Hom te hê; sodat ons deur gebed vir wysheid kan vra, en ons bekommernisse en uitdagings na Hom toe kan bring.
Om Jesus te volg, moet ek aandagtig luister na wat Hy sê. Om te hoor wat Hy sê is baie minder ingewikkeld as wat ons dit dikwels maak. God het reeds so baie vir ons gesê deur die Skrif; al wat ons hoef te doen is om ons Bybels oop te maak en te lees. Sy stem vloei uit die bladsye uit! Deur daagliks die Skrif te lees, kan ons leer hoe:
- sy stem klink,
- wat sy hart is,
- sy karakter leer ken
- en wat Hy van ons en vir ons wil hê in elke gebied van ons lewens.
Volg jy Jesus?
Is daar iets in God se Woord wat jy beleef jy Jesus vandag in moet volg?
Hoe kan jy Hom vandag beter volg in die manier waarop jy dink, leef, optree of liefhet?
Ruim tyd in vir gebed om vir Hom dankie te sê dat jy Hom kan volg. Eer Hom vir sy Woord en sy Gees wat jou lei, en vra Hom vir hulp en wysheid op gebiede waar dit vir jy nodig is om Hom beter te volg.
Aangaande hierdie leesplan

Elke kind van God is geroep om Jesus te volg, verhouding te bou met ander gelowiges, en verlorenes te bereik met die Goeie Nuus. Gelukkig hoef ons nie hierdie te doen deur ons eie krag nie, of op ons eie nie! Hierdie leesplan gaan jou bemoedig en uitdaag om te 'Follow', 'Fellowship' en 'Fish'.
More
Ons wil graag Every Nation Kruislig bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.kruislig.co.za









