Geroep deur GodVoorbeeld

Het jy al ooit gevoel dat God jou tot leierskap in sy Koninkryk roep?
Dit is deesdae eintlik verspot maklik om jou regte waarde in Jesus Christus en die pragtige roeping wat Hy op jou lewe geplaas het, uit die oog te verloor.
Die stemme van twyfel en ontmoediging â die leuens van Satan â word soms ân oorverdowende geraas en probeer ons blind maak sodat ons nie die unieke doel kan raaksien wat Jesus aan elkeen van ons individueel gegee het nie. Hierdie oorverdowende geraas kom in baie vorme, partykeer is dit woorde wat mense gesĂȘ het, woorde wat diep sny en diep seer maak. Soms is dit die wonde en die seerkry wat ons in ons harte dra, en ander kere is dit selfs ons eie foute en sondes uit ons verlede. As ons net op hierdie dinge fokus, en nie die genade van die Vader erken nie, mag ons nooit die ongelooflike waarde besef wat God, ons liefdevolle Vader, in elkeen van sy kinders neergelĂȘ het nie.
Daarom mag ons nooit die volgende waarheid vergeet nie: Wanneer jy op God se roeping reageer met ân opregte en oop hart, word jy deur die kosbare bloed van Jesus gereinig, skoon gewas van al daardie dinge wat jou wil bind. Sy belofte in Jeremia 29:11-12 (AFR83) is dan vir jou bedoel: âEk weet wat Ek vir julle beplan,â sĂȘ die Here, âvoorspoed en nie teĂ«spoed nie. Ek wil vir julle ân toekoms gee, ân verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.â
Wat ân pragtige versekering!
Moenie toelaat dat die vyand jou oortuig dat jy nie nie die werk van God goed genoeg is nie. As jy ân vader, ân moeder, ân man, ân vrou, of selfs net ân vriend vir iemand in nood is, het God jou reeds geroep â en aan jou ân belangrike rol in sy koninkryk toevertrou. Jy is ân leier, en Hy het ân spesiale plan vir jou, meer diepgaande as wat jy kan dink.
Die vraag is nie of jy goed genoeg is nie â dit is of jy bereid is om sy roeping met jou hele hart te beantwoord.
Kom ons bid saam: âVader, maak die ore van ons harte oop. Help ons om u roepstem bo die afleidings van hierdie wĂȘreld te hoor. Wys ons deur u Heilige Gees die leierskap-roeping wat U in elkeen van ons geplaas het. Laat ons opstaan, met volkome vertroue in u liefde en in u doel.â Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Dit is deesdae eintlik verspot maklik om jou regte waarde in Jesus Christus en die pragtige roeping wat Hy op jou lewe geplaas het, uit die oog te verloor.
More
Ons wil graag Eagles Rising Leadership Academy bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jotform.com/app/252521990077561
Verwante Leesplanne

Wys my die weg: Lydenstyd vir Tieners

Leef in Jou Nuwe Identiteit; Jesus s'n

Hemel in Elke Huis

Mosaiek Lydenstydgids 2026: Wys my die weg

Vreemdeling Tot Volgeling

Christenskap 101

Wys My Die Weg - Lydenstydreis Vir Graad 6 & 7

Lydenstydgids vir Jong Volwassenes - Wys My die Weg

Deel genade uit!
