Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)Voorbeeld

Dag veertien – Jesus was sy dissipels se voete
Hoe ver kan liefde regtig gaan?
In vandag se gedeelte doen Jesus iets wat amper ondenkbaar is. Toe Jesus geweet het sy tyd het aangebreek, het Hy nie nog ’n wonderwerk gedoen om sy grootheid te toon nie; Hy het gekniel en sy dissipels se voete gewas.
Dink net — die Skepper wat die voete van sy skepsels was!
In hierdie oomblik wys Jesus vir ons dat liefde nie gemeet word aan hoe hoog ons styg nie, maar aan hoe laag ons bereid is om ter wille van ander te buig. Hy sê nie net: “Ek het julle lief” nie — Hy wórd liefde; selfs teenoor sy verraaier wat saam met Hom in die vertrek sit.
En dan roep Jesus sy dissipels — my en jou — om dieselfde te doen. Hy roep ons om ons knie te buig om ander lief te hê. Dít is die hart van die koninkryk.
Vra jouself: Wie kan ek vandag liefhê soos Jesus liefgehad het?
Waar kan ek my knie buig – in nederigheid, deernis en diens — om God se hart aan iemand anders te wys?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Christelike lewe gaan nie net daaroor om die waarheid te ken nie, maar om waarheid in aksie te word — mense deur wie die liefde van God sigbaar word in ons wêreld. Hierdie reis begin wanneer ons God se liefde persoonlik ontvang en toelaat dat sy Gees ons harte vorm, ons denke vernuwe en ons lewens in lyn bring met sy doel. In hierdie leesplan gaan ons saam ontdek wat dit beteken om liefde te word. Let wel: hierdie leesplan is deel drie van 'n vierdelige leesplan.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org
Verwante Leesplanne

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

Ek volg Jesus

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Vaste Geloof

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe

My Saligmaker Leef

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)
