Leesplan inligting

'n Sorgvrye LeweVoorbeeld

Wild Life

DAG 5 VAN 12

Jou Wonde Het Woorde


In John Eldredge se boek Wild at Heart, sê hy die volgende: "'n Wond wat jy nie erken en oor huil nie, is 'n wond wat nie kan genees nie." Langs die rivier het John ons sy verhaal vertel. Hy en sy pa was baie na aan mekaar. Hulle het saam visgevang, bal gegooi en gaan kamp. Dit was enige seun se droom. Toe begin sy pa drink. Ewe skielik, op die ouderdom van twaalf jaar, moes John 'n sterk man vir sy pa word. Jy kan dalk hiermee identifiseer.


Later het John verlief geraak, maar sy meisie het hom ook in die steek gelaat. Somertye het hy by sy oupa gaan kuier, tot hy oorlede is. John se wond het net dieper geword, soos die kloof waar ons gesit het. Die woorde van sy wonde het so geklink: "Almal verlaat my. Ek is aan myself oorgelaat." Toe John besluit om sy eerste boek te skryf, was dit in samewerking met een van sy beste vriende, wat later tydens hulle eerste mannekamp in 'n klimongeluk oorlede is. Die boodskap van sy wonde het al hoe harder gepraat. 


Tog was John vol vrede terwyl hy dit vir ons vertel het. Hy kon dit doen omdat hy genees was. Iets van sy genesing het ons pyn beklemtoon. Ons het begin om mekaar van ons wonde te vertel."Ek het niemand nodig nie. Ek is nie goed genoeg nie. Ek gee gou moed op. Ek kan beter wees as hy." Watter boodskappe stuur jou wonde uit?


John en Ryan was diep in gesprek tydens die terugrit van die rivier af. Uiteindelik was dit een van daardie gesprekke wat lewens verander. Nadat jy geluister het en vandag se Skrifgedeelte gelees het, skryf jou antwoorde op hierdie vrae neer: Wat is my grootste wond? Watter boodskap stuur dit vir my? Watter boodskap stuur God aan my?

Kyk na vandag se video. 


Aangaande hierdie leesplan

Wild Life

Om 'n man te wees, beteken nie jy kry 'n handleiding nie—maar God belowe iets beter. Sluit aan by die skrywer van "Wild at Heart", John Eldredge, en vier manne soos jy, wat antwoorde gaan soek het op 'n reis in die berge...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid