'n Sorgvrye Lewe

Oordenking

Die Wond


Aan ons een kant was die geel, growwe kloof se afgronde en aan die ander kant die silwer Arkansas rivier. Ons was al 'n uur lank saam met John op pad na die perfekte vlieghengelplek toe. Tanner, ons kameraman, het net een woord gehad vir die wonderlike uitsig: geduld. Hy het die volgende aantekening op sy foon gemaak terwyl ons ry:

"Geduld. Dit kos geduld vir hierdie berge om te kom waar hulle is en hoe hulle lyk. Die jongste dinge wat hier groei, is die gras, dan die bome ... maar goeie genugtig. Dink 'n bietjie oor hoe lank dit vir hierdie berge geneem het om so opgestoot en gevorm te word."


Toe hy klaar geskryf het, besef ons dat ons petrol amper op was. Die naaste petrolstasie was te ver, dus moes ons omdraai. Soms moet jy stop en terugkyk na wat verby is, sodat jy vorentoe kan beweeg.


Die ompad het ons reis met 'n uur vertraag. Geduld. Daana kon ons begin visvang. Geen vis byt nie. Geduld. Hou aan visvang. Ons vang niks. Geduld. Intussen het die rivier voortgegaan om rustig deur die vallei te vloei, oor klippe getuimel en stadig maar seker 'n dieper vallei gevorm.  


Toe was dit tyd vir middagete. Terwyl ons eet het John ons van die ompaaie in sy lewe vertel. Wonde. Valleie. Ons het weer terug gekyk. Dié keer na ons eie stories, net om die leë plekke te ontdek wat genesing en hervulling nodig gehad het. 


Terwyl jy na die begin van die tweede aflewering kyk en vandag se Skrifgedeelte lees, vra God om jou die wonde van die verlede en die leegtes in jou lewe te wys. Soms moet jy stop, terugkyk na wat verby sodat jy kan aanbeweeg na wat voorlê.


Kyk na vandag se video en begin om oor jou wonde na te dink.