'n Sorgvrye Lewe

Oordenking

Die Vyeblaar is 'n Bedrogspul


Dus, ons het almal 'n vraag, maar wat doen ons daarmee? Ons probeer dit wegsteek of vermy. Net soos Adam is ons na God se beeld geskape. Net soos Adam het ons antwoorde gaan soek, maar nie by God nie. Ook net soos Adam, het ons teenoor God gesondig. Laastens, net soos Adam, het ons 'n manier gevind om ons vraag met 'n vyeblaar weg te steek, soos John Eldredge dit bewoord. Die vervalsing. Die bedrieër. Noem dit net wat jy wil, die feit bly staan dat ons wegkruip vir die antwoord op ons vraag.


Dalk het jy jou as die grapjas voorgedoen; 'n oulike ou, 'n sterk man, man met geld, gesinsman, leier of selfs 'n haan onder die henne. Toe, eendag, besef jy die bedrog is nie meer genoeg nie. Die ander ou(ens) was slimmer, sterker en nog meer. Nes ek, het jy drie keuses. Een: Vermy situasies waar iemand beter as jy kan wees. Die filosofie van: “As ek nie kan wen nie, neem ek nie deel nie.” Twee: Probeer tweekeer harder en bedrieg meer met jou vyeblaar. Of drie: Gee die vyeblaar prys, hou op om weg te kruip en neem die risiko om God te volg en op Hom te vertrou vir antwoorde. Die eerste keuse veronderstel daar is nie 'n antwoord nie. Die tweede een veronderstel jy is die antwoord. Die derde een veronderstel God het die antwoord. 


Hoe kan ons ophou wegkruip en vir altyd ontslae raak van ons vyeblaar masker? Erken dat jy 'n vraag het, omskryf dit, hou op om jou vraag na die verkeerde plekke en mense te neem en begin op God vertrou vir jou antwoorde. Met ander woorde, word 'n seun.  


Kyk na vandag se video. Skryf neer hoe jy ander bedrieg en vra jou vraag vir God in gebed.