'n Sorgvrye Lewe

Oordenking

Ons Almal Het Een


Niemand gaan daarsonder deur die lewe nie. Ons het almal daardie diep, indringende vraag. Ons vraag is nie staties nie; dit rus nie en dit wil altyd nog meer weet. As ons nie versigtig is nie kan ons self die volgende slagoffer wees. 


Het jy al jou vraag ontdek? Dit klink ongeveer so: “Is ek opgewasse vir wat ek moet doen?” Jy vra dit al vir 'n baie lang tyd. Dink aan die baba seuntjie wat nog skaars kan loop en ma en pa se aandag probeer trek, deur te sê: “Da, da, da!” Dink aan die tienerseun wat enigiets sou doen om sy vriende, veral meisies, se aandag te kry. 


Te veel mans kry vir dekades geen antwoord nie. Ons vra ons vrae aan meisies, vroue, ons eggenote en pornografie. Maar dit bly onbeantwoord. Ons vra ons vrae vir die skool, die werk, na ure en die hele dag lank. Maar dit bly nog steeds onbeantwoord. 


Onbeantwoorde vrae maak seer. Sommige mans skakel af, raak onbetrokke of kruip weg. Ons probeer om daardie vlak van die lewe te omseil en vermy die vraagmonster geheel en al. Ons raak betrokke in stokperdjies, alkohol, dwelms en vermaak. Ons probeer enigiets om die vraag te beantwoord, of probeer dit vir 'n rukkie stil te maak. Goeie dinge, slegte dinge, enigiets om die knaende vraag te stop. 


Terwyl jy na vandag se video kyk en die Skrifgedeelte lees, vra jou vraag vir jou Hemelse Vader. 


Kyk na vandag se video en skryf jou vraag neer.