Die Wapenrusting van God

Die Wapenrusting van God

5 Dae

Daagliks en heeldag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om in alles wat vir jou van belang is, amok te maak: in jou hart, denke, huwelik, kinders, verhoudings, jou vermoë om weerstand te bied, jou drome en eindbestemming. Sy gevegsplan maak daarop staat om jou onverhoeds en ongewapen te betrap. As jy egter moeg is om die oomblik wat jy ontspan, heen en weer geslinger en uitgevang te word, dan is hierdie die regte leesplan vir jou. Die vyand sal altyd die onderspit delf teen 'n vrou wat vir die geveg gewapen is. Die Wapenrusting van God is egter meer as bloot 'n Bybelse beskrywing van die gelowige se wapenrusting. Inteendeel, dit is 'n aksieplan om 'n persoonlike strategie vir oorwinning te ontwikkel en in werking te stel.

Uitgewer

Ons wil graag vir Priscilla Shirer en LifeWay Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.lifeway.com vir nog inligting.

Oor Die Uitgewer

Meer as 500000 voltooi