Leesplan inligting

Afhanklik – en Dis OukeiVoorbeeld

Afhanklik – en Dis Oukei

DAG 1 VAN 7

WAARDEVOL IN U OË

potato #345. Dit is die naam van ’n foto van ’n aartappel deur die fotograaf Kevin Abosch waarvoor ’n Europese sakeman €1 miljoen betaal het. Abosch – wat eintlik bekend is vir sy foto’s van bekendes – erken wel dat die prys dalk ’n bietjie absurd is. Abosch het die foto geneem nadat ’n bestelling organiese aartappels by sy huis afgelewer is. Die foto het in sy huis gehang toe die sakeman dit sien en summier wou hê – duidelik ongeag die prys.

In ’n supermark betaal ’n mens ’n paar rand vir ’n aartappel. Tog, in die regte hande kan so aartappel in die omgewing van R15 miljoen werd word.

God het ons met ontsaglike potensiaal geskape, maar tog gebeur dit soms in ons eie lewe dat ons as gevolg van verkeerde besluite, teleurstellings of afbrekende woorde net ’n paar rand werd voel. Dit is presies waar die vyand ons wil hê. Ons moet egter besef dat daar in God se hande geen beperkings is op wat Hy in en deur ons lewens kan doen nie.

Kyk maar na Moses. Hy het gehakkel, maar God het hom gekies om as sy spreekbuis op te tree en die Israeliete uit slawerny te lei. Gideon was ’n bang soldaat met ’n minderwaardigheidskompleks, maar God gebruik hom om die Israeliete tydens ’n belangrike veldslag te lei. Dawid was ’n skaapwagter en die jongste van al sy broers, maar God kies hom as koning van Israel omdat sy hart reg was. En Ragab was ’n prostituut, maar God gebruik haar om die spioene se lewens in Jerigo te red omdat sy bereid en beskikbaar was.

Die organiese aartappel kon niks doen om meer waardevol te word nie. Dit was op die spreekwoordelike regte plek op die regte tyd. In sy hande kan Hy ons dalk ook gebruik om groot, prominente en belangrike dinge vir Hom te doen.

Mag ons opnuut besef hoe waardevol ons in God se oë is en mag ons ons beskikbaar stel vir Hom.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Afhanklik – en Dis Oukei

Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer sp...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid