Jeremia 31:3
"Die Here het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid."
Gebed: Vader, dankie vir u volmaakte liefde teenoor my. Mag ek nooit aan u eindelose, suiwer en getroue liefde vir my twyfel nie. Mag my hart verseker wees en veilig rus in u grenslose en onbeperkte liefde vir my. In die Naam van Jesus. Amen.