Vandag Se Woord

Dag 2 van 10 • Vandag se leesstuk

Oordenking




Prediker 9:10


"Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag …"



  • Ons behoort elke geleentheid te benut wat die Here oor ons pad bring. 

  • Selfs in moeilike tye moet ons nie daaraan toegee om niks te doen nie. 

  • Daar is altyd nog ‘n tree wat ons kan gee, nog ‘n weg om na te streef. 

  • Opgee is nie ‘n opsie nie, om die een voet voor die ander te sit, is die antwoord.


Gebed: Vader, help my om die geleenthede wat U oor my pad bring raak te sien, help my om die oop deure wat U vir my voorberei het raak te sien en gee my die moed om met vasberadenheid vorentoe te beweeg. In die Naam van Jesus. Amen.