Johannes 9:4
"Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie."
Gebed: Vader, mag my lewe ‘n seën vir diegene om my wees. Wys my hoe ek ‘n seën kan wees en vir wie ek ‘n seën kan wees, sodat u liefde deur my die lewens van ander kan aanraak. In die Naam van Jesus. Amen.