Leesplan inligting

Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 11 VAN 43




Lees: Genesis 16:7–15


SOAP: Genesis 16:13


Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.”





Oordenking


Toe Abram en Sarai geen ander weg kon insien vir God se beloftes om vervul te word nie, het hulle vir Hagar gebruik om vir Abram 'n seun te gee. Toe Hagar swanger geraak het, het Hagar vir Sarai verag en Sarai het haar sleg behandel. 


Hagar het 'n groot behoefte aan hulp en hoop gehad. Sy het weggehardloop en God het haar in die wildernis ontmoet. Toe Hagar weggevlug het van die slegte behandeling, het God haar gesien. Hagar het geglo God is Wie Hy gesê het Hy is en dat Hy sou doen wat Hy gesê het Hy sou doen. Hagar se geloof in haar oomblik van desperaatheid was die soort geloof wat God van sy mense wil hê. 


Hagar het haar geloof gewys op die manier hoe sy met God gepraat het. Sy het God El Roi genoem. Dit beteken: “U is die God wat my sien.” Sy het geglo dat God haar sien en dat Hy sou aanhou om haar te sien in enige omstandigheid. Hagar is die eerste persoon in die Skrif om vir God 'n naam te gee. Haar naam vir God het haar hoop en vertroue in God se karakter en voorsiening aan haar, iemand van 'n ander land, gekommunikeer. God se sorg en voorsiening aan Hagar in die woestyn wys sy sorg en liefde vir vreemdelinge, 'n tema wat ons weer sal sien voorkom in Genesis. 


God het aan Abram 'n groot belofte gegee, en die belofte sou deur Sarai kom. Sy sou die moeder van die beloofde erfgenaam wees. Hier, toe God vir Hagar in die woestyn ontmoet het, het God ook vir Hagar 'n belofte gegee as nog 'n draer van die saad van Abram. God het belowe om Hagar se nageslag te vermenigvuldig en om vir haar te sorg te midde van moeilike omstandighede. 


Hagar is 'n onwaarskynlike voorbeeld van geloof, veral in dieselfde verhaal as Abram en Sarai. Terwyl Sarai dinge in haar eie krag gedoen het, het Hagar na God toe uitgeroep. Ons word daaraan herinner dat God ons nood en ons beproewing raaksien en Hy antwoord ons hulpgeroep. Terwyl Sarai en Abram in hierdie geval nie goeie voorbeelde was om na God in nood uit te roep nie, gee Hagar, 'n vreemdeling, vir ons 'n voorbeeld hoe om ons behoeftes voor God neer te lê met 'n hart vol verwagting. 





Gebed


U is die God wat my sien. Ek glo dat U vir my sal sorg in my nood. Here, ek lê vandag my sorge voor U neer. Ek roep na U, soos Hagar in die wildernis en vra dat U in my behoeftes sal voorsien soos net U kan. Ek vertrou U met my omstandighede. Amen. 







Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid