Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 8 VAN 14

Kry Ons Sin



Ek weet gewoonlik wat ek wil hê en ek hou daarvan om dit te kry. Ek is presies soos die meeste mense. As ons nie kry wat ons wil hê nie, vlam ons negatiewe gevoelens op.



Ons Christene verwag te dikwels dat die lewe volmaak moet wees en dat alles vir ons glad moet verloop. Ons verwag sukses, geluk, vreugde, vrede en alle ander dinge. As ons in die wiele gery word, is ons dikmond of kla ons.



Alhoewel God vir ons 'n goeie lewe gun, is daar tye wanneer ons geduldig moet wees en dit verduur om nie ons sin te kry nie. Hierdie teleurstellings toets ons karakter en vlak van geestelike volwassenheid. Hulle wys in werklikheid of ons waarlik gereed is vir bevordering.



Waarom dink ons ons moet altyd eerste wees? Waarom dink ons ons het die reg op 'n volmaakte lewe? Miskien dink ons soms meer van onsself as wat ons moet. 'n Nederige gemoed stel ons in staat om terug te staan en op God te wag om ons vorentoe te bring. God se Woord sê ons beërwe sy beloftes deur geloof en geduld. Ons glo God is goed, maar kan ons aanhou om in God te glo en Hom te vertrou wanneer ons voel die lewe is nie regverdig nie?



Die geheim van die Christelike lewe is dat ons onsself volkome aan God oorgee. As ons ons wil aan God oorgee, maak dit wat gebeur ons nie kwaad nie. As God ons nie gee wat ons wil hê en waarvoor ons vra nie, is ons geloof sterk genoeg om te sê: "Nie my wil nie, maar u wil."



Bid: Vader, help my. Ek het dikwels sterk begeertes en wanneer ek nie my sin kry nie, word ek ontsteld. Vergewe my. Herinner my dat Jesus nie aan die kruis wou sterf nie, maar dat Hy in totale onderwerping aan u wil geleef het. Ek vra U om, deur Jesus Christus, vir my te help om in volkome onderwerping te lewe en tevrede te wees met wat U aan my gee. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid