Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 4 VAN 14

Moenie Moed Opgee Nie



"Ek is al vir drie jaar 'n Christen," het Cheryl gesê. "Ek kom net nêrens nie. Ek is so swak soos toe ek Jesus as my Saligmaker aangeneem het. Ek faal steeds. Ek weet nie of dit die moeite werd is nie." Trane het oor haar wange gerol terwyl sy voortgegaan het om te praat oor haar mislukkings. "Teen hierdie tyd ken ek al die regte dinge om te doen, maar ek doen dit nie. Soms doen ek opsetlik iets gemeen of onvriendelik. Watter soort Christen is ek?"



"Moontlik 'n groeiende Christen," het ek gesê.



'n Verbaasde uitdrukking het op Cheryl se gesig verskyn. "Groeiend? Het jy gehoor --? "



"Ja, ek het gehoor. Maar as jy nie groeiend was nie, sou jy nie gekla het oor jou mislukkings nie. Jy sou tevrede wees met jou geestelike vlak of jy sou jouself vertel hoe goed jy is."



"Maar ek is so ontmoedig en ek faal God so baie keer."



Ek het voortgegaan om vir Cheryl te sê dat sy reg was — sy het gefaal. Almal van ons doen dit met tye. As ons nie oppas nie, laat ons die duiwel toe om uit te wys wat ons nie bereik het nie en waar ons swak was. Wanneer dit gebeur, is dit maklik om sleg te voel of te wil opgee.



Dis nie hoe die Gees werk nie. Hoe ons ook al ons lewens opmors, God gee nie moed op nie. Die Gees por ons gedurig aan.



Ons kan ons gedagtes toelaat om te fokus op wat ons nie gedoen het nie of hoe geestelik ons behoort te wees na al die jare in die Christelike geloof. As ons fokus op wat ons nie is nie of wat ons nie bereik het nie, laat ons die duiwel toe om veld te wen op die slagveld van ons denke.



"Moenie handdoek ingooi nie. Moenie moed verloor nie." Dis die boodskap wat ons moet hoor. Ek dink aan Jesaja 43:1b-2: "Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie."



Dit is God se belofte. Hy belowe nie om ons heeltemal uit probleme of moeilikhede weg te neem nie, maar Hy belowe wel om met ons te wees as ons daardeur gaan. En as God met ons is, wat is daar om oor bekommerd te wees?



Bid: Vader, ten spyte van my mislukkings is U met my, U bemoedig my om nie moed op te gee nie. Help my asseblief om te onthou, met u hulp, kan ek wen. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid