Leesplan inligting

Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 13 VAN 14

Agterdogtig oor Agterdog



In vandag se Skrifgedeelte, is hierdie woorde oor liefde vir die meeste onder ons bekend, maar ek kan eerlik sê om dit uit te leef nie altyd vir my maklik was nie. As kind is ek nie aan hierdie soort liefde blootgestel nie — om die waarheid te sê, is ek geleer om oor almal agterdogtig te wees. Ek is geleer dat ander mense se motiewe nie vertrou kan word nie.



Hoewel dit wys is om bewus te wees van mense se motiewe, moet ons versigtig wees en nie toelaat dat ons agterdogtige geaardheid ons gevoelens oor almal nadelig beïnvloed nie. 'n Oormatig agterdogtige geaardheid kan jou denke vergiftig en jou vermoë beïnvloed om ander mense lief te hê en te aanvaar. Oorweeg hierdie voorbeeld.



Gestel 'n vriend nader jou na 'n kerkdiens en sê: "Weet jy wat Doris van jou dink?" Dan vertel die vriend jou in die fynste besonderhede wat Doris gesê het. Die eerste probleem is dat 'n ware vriend nie sulke inligting sal deel nie. En die tweede probleem is, met 'n reeds agterdogtige gesindheid, glo jy nou tweedehandse inligting.



Gestel dat Doris eendag in die kerk, net 'n paar rye voor jou sit en die Here prys, dan dink jy onmiddellik: "Sy is so skynheilig."



Dan lei die Heilige Gees jou gedagtes na jou eie toestand en die feit dat jy die Here geprys het terwyl jy slegte gevoelens teenoor Doris gehad het. Het Jesus nie vir ons gesê om vrede met ander te maak voordat ons ons gawes na Hom bring nie? (Sien Matteus 5:24).



Skuldig bevind deur hierdie woorde van Jesus, vra jy Doris om verskoning vir die slegte gevoelens wat jy teenoor haar het... en sy staar jou in algehele skok aan. Dan besef jy jou fout. Jy het die inligting wat jou vriend met jou oor Doris gedeel het, verkeerd vertolk, sodat die duiwel jou teen 'n wonderlike, godvresende vrou kon draai.



Dit is 'n goeie voorbeeld hoe agterdog verhoudings kan verbrokkel en ons vreugde vernietig, terwyl dit ons mislei.



Dit het my 'n rukkie geneem om 'n leeftyd van agterdog te oorkom, maar ek het uiteindelik geleer dat wanneer ons op God se manier liefhet, ons geen plek vir agterdog teenoor ander het nie.



Bid: Here, ek dank U dat U my gewys het hoe om my agterdogtige geaardheid te oorkom deur my te leer hoe om ander lief te hê met u soort liefde. Dankie Jesus, dat U met my geduldig is en vir my 'n goeie voorbeeld is. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sa...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid