Wen die Stryd in jou Gedagtes Oordenking

Bybeldagboek
Weldeurdagte Planne



"Hoe kon jy?" het Helen geskree. "Hoe kon jy ooit so iets doen?"



Tom het sy vrou hulpeloos aangestaar. Hy het egbreuk gepleeg, sy sondige dade in die gesig gestaar en sy vrou gevra om hom te vergewe.



"Ek het nooit bedoel dat 'n verhouding moes begin nie," het Tom gesê, met trane in sy oë.



Tom het nie gejok nie. Hy het geweet dat hy 'n paar swak keuses gemaak het, maar hy het nie vooruit gedink aan die gevolge van sy dade nie. Na byna 'n uur se gepleit, het hy iets gesê wat Helen gehelp het om te begin verstaan en uiteindelik te vergewe.



"Ek was ontrou aan jou voordat ek ooit egbreuk gepleeg het." Hy het gepraat van hoe hulle te besig was om tyd saam te spandeer, sy kritiese houding, haar gebrek aan emosionele reaksie, dat sy nie ha hom geluister het wanneer hy oor probleme by die werk gepraat het nie.



Dis presies hoe satan werk. Hy begin deur ons gedagtes te bombardeer met fyn uitgewerkte patrone van irritasie, ontevredenheid, twyfel, vrees en redenasies. Hy beweeg stadig en versigtig (weldeurdagte planne neem wel tyd).



Tom het begin twyfel of Helen hom werklik lief gehad het. Sy het nie geluister nie en sy het nie altyd gereageer op sy liefdesbetuigings nie.



Een van sy kollegas het geluister. Een keer het sy gesê: "Helen verdien nie so 'n warm, goedhartige man soos jy nie." (satan het ook in haar gewerk). Elke keer wat Tom 'n klein treetjie van die regte pad af gegee het, het hy sy optrede in sy gedagtes geregverdig: As Helen nie na my wil luister nie, is daar ander mense wat wil.



Die kollega het geluister. Weke later het hy haar 'n drukkie gegee en gewens dat hy dieselfde hartlike reaksie van sy vrou kon ervaar. Dit was 'n onskuldige omhelsing - of so het dit gelyk.



Tom het nie besef dat satan nooit haastig is nie. Al wat hy benodig is 'n geleentheid om onheilige, selfgesentreerde gedagtes in ons koppe te plaas. As ons hulle nie uitskop nie, bly hulle. En hy kan voortgaan met sy bose, vernietigende plan.



Ons hoef nie daardie verkeerde gedagtes toe te laat om 'n tuiste in ons koppe te vind nie. "Die wapens van ons stryd is mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. "(2 Korinthiers 10:4-5)



Here Jesus, in U Naam, roep ek uit na oorwinning. Bekragtig my om elke gedagte tot gehoorsaamheid te bring. Help my om nie toe te laat dat satan se woorde in my gedagtes bly en my oorwinning steel nie. Amen.



Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2005 deur Joyce Meyer. Uitgegee deur FaithWords . Alle regte voorbehou.