Leesplan inligting

Hoor Elke Oggend Van GodVoorbeeld

Hearing From God Each Morning

DAG 10 VAN 14

Altyd Beskikbaar



Die feit dat die Heilige Gees in ons woon bewys Sy gewilligheid om altyd beskikbaar te wees om met ons te praat en ons te help wanneer ons Hom nodig het. Soos ons voortgaan om geestelik te groei sal ons versoeking ervaar, maar God het ons die Heilige Gees gegee om ons in staat te stel om dit te weerstaan ​​en die regte, in plaas van verkeerdes keuses te maak.



Nietemin, geen mens is volmaak nie en ons sal foute maak. Maar God se vergifnis is altyd deur Jesus Christus vir ons beskikbaar. Ontvangs van hierdie vergifnis versterk ons en stel ons in staat om aan te hou om met God vorentoe te beweeg. Dit bring ook vrede in ons harte, maak ons ​​vry en help ons om God se stem duidelik te hoor.



Om verslaan en veroordeeld te voel deur elke fout wat ons maak, verswak ons. In plaas daarvan om ons energie te gebruik om oor onsself sleg te voel, behoort ons dit te gebruik om seker te maak ons harte is ingestel op God se stem terwyl Hy ons in groter krag en 'n dieper verhouding met Hom lei. Sy vergifnis en Sy teenwoordigheid is altyd vir ons deur die Heilige Gees beskikbaar. Terwyl jy vandag na God soek, moedig ek jou aan om Sy liefde en genade te ontvang. Sy arms is oop en Hy wag om tyd met jou deur te bring.



God se Woord vir jou vandag: Onthou dat die Heilige Gees altyd vir jou beskikbaar is.



Uit die boek "Hearing From God Each Morning" deur Joyce Meyer Copyright 2010 by Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From God Each Morning

Ons word vandag omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die gepraat om ons - ons kinders, vriende, wederhelf, en deur onsself. Al hierdie geluide lei ons aandag af sodat ons gou vergeet hoe om na die belangrikste ste...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid