Leesplan inligting

Bruistablette vir die leweVoorbeeld

Bruistablette vir die lewe

DAG 2 VAN 7

  


Stilte


  


Die lewe is besiger as ooit. Die trapmeul waarop ons elke dag as verantwoordelike landsburgers klim, beweeg al vinniger. Dit vra al meer van ons om by te hou – om al die spreekwoordelike balle in die lug te hou. Ons moet afsprake nakom, sperdatums haal, rekeninge betaal en met familie en vriende connect. Ons moet oorleef.


Daar is elke dag al meer roepstemme wat om jou aandag meeding – stemme in jou brein, hart en gedagtes wat jy nie afgeskakel kry nie. Dan is daar ook nog tegnologie – Facebook, e-posse, WhatsApp-boodskappe wat soos bondels wasgoed net nooit einde kry nie.


Mense staan in rye by apteke op soek na tonikums of bruistablette om hulle energie te boost. Mense gaan al meer dokter toe met siektes wat met uitbranding verband hou. Meer mense besoek sielkundiges, terapeute of spa’s in die hoop dat hulle hulle lewenslus sal kan herwin. Ek het egter ’n gratis bruistablet ontdek wat my energie aanvul vir al die uitdagings op my lewensbord: stilte. As deel van my lewensberoep reis ek die land vol en tree gereeld as spreker op. Dit tap my energie. Ek het gevind as ek nie genoeg tyd in stilte deurbring nie, ek geïrriteerd en sonder sprankel raak.


In stilte by die Here herlaai ek my mensbattery en kry ek ware en diep rus vir my liggaam, gees, denke en emosies. Dit is ook in hierdie stilte dat die Here my snoei en onderrig, waar ek leiding en insig kry, waar ek antwoorde op my probleme ontdek, waar ek vernuwe word en waar ek my gawes en talente kan ontgin.




Bruisgebed vir energie: Dankie, Here, dat ek in u stilte kan herlaai en my energietenk kan vol maak.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Bruistablette vir die lewe

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkies is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na ...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid