Leesplan inligting

Wat Jesus Nooit Gesê Het NieVoorbeeld

Things Jesus Never Said

DAG 1 VAN 6

Laat Jesus Namens Homself Praat



“Die probleem met aanhalings wat op die internet gevind word, is dat dit dikwels onakkuraat is” — Abraham Lincoln.



Snap jy? Regtigwaar, Lincoln het dit nie gesê nie, maar dit kan nogtans waar wees. Hoekom is daar so baie onakkurate, buite verband, of heeltemal valse woorde wat aan bekende mense soos Abraham Lincoln toegeskryf word? Eerstens, is hy welbekend as wys, betroubaar, deugdelik en eerlik. Hy is dus ideaal om gerieflike of diepgewortelde oortuigings en opmerkings as geloofwaardig te versprei. Wie is wyser, bekender, uitermate meer deugdelik, en betroubaarder as Lincoln? Jesus is. 



Indien Jesus akkoord gegaan het met elke aanspraak wat sy volgelinge aan Hom toegedig het, dan sou Hy ‘n baie verwarde Seun van God wees; altyd in stryd met Homself en baie besig om beide kante van elke debat te lei.



Jesus word nie net deur ander mense verkeerd aangehaal nie, word Hy? Hoeveel woorde, idees of gevoelens in al die fasette van jou lewe word onbewustelik of dalk onakkuraat aan Jesus toegeskryf? Anders gestel, wat doen of sê jy namens Jesus wat Hy nooit gedoen of gesê het nie?



Oor die volgende paar dae gaan ons dieper delf in sommige dinge wat Jesus gesê het, sodat ons sommige dinge wat Jesus nooit gesê het nie, kan opklaar. Hopelik sal ons uiteindelik woorde, gedagtes, gevoelens en lewens dan 'n bietjie meer soos Jesus begin lyk en klink. 



Nadenke: Watter gedeeltes van my persoonlikheid of wêreldbeskouing het ek aan Jesus toegeskryf wat niks met Hom te doen het nie?



Kry video's, gesprekriglyne en nog meer oor Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Things Jesus Never Said

As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings v...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid